Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Aspen mag sy babakos verkoop

Die verkryging van babaformulemelk soos S-26 en Infacare deur die Franse maatskappy wat ook Parmalat besit, het nog ’n tree gevorder.

Aspen Pharmacare verkoop sy babakosafdeling.

Die Mededingingskommissie het aanbeveel dat die verkryging van Aspen Pharmacare se babakosafdeling deur Lactalis sonder voorwaardes goedgekeur word.

Lactalis, wat voorheen bekend gestaan het as Besnier, besit onder meer die suiwelprodusente Parmalat en Président. Parmalat Suid-Afrika is deel van dié groep.

Aspen het in September aangekondig Lactalis het €739,8 miljoen vir sy babakosafdeling aangebied.

Die kommissie het bevind dis onwaarskynlik dat die voorgestelde samesmelting mededinging in die suiwelmark of in die mark vir babakos sal verminder.

Daar is ook nie probleme met openbare belang of indiensneming met die transaksie nie. Aspen het voorheen gesê alle werknemers van sy babakosadeling gaan ná die transaksie vir Lactalis werk. Dit sluit in werkers by Aspen se Clayville-fabriek, waar Infacare vervaardig word. Aspen gaan ’n deel van die geld gebruik om sy gesamentlike vennote in Nieu-Seeland, waar S-26 vervaardig word, uit te koop.

Aspen wil voortaan op sy kernsake – farmaseutiese middels – fokus. Aspen vervaardig en versprei onder meer middels teen hoë bloeddruk en bloedklonte, vir narkose en chemoterapie.

Die transaksie moet deur mededingingsowerhede in Mexiko goedgekeur word, asook deur die Reserwebank, wat die uitvloei van kapitaal moet magtig. Nieu-Seeland en Australië moet ook magtiging gee vir die uitkoop van Aspen se vennote in daardie lande.

Aspen se aandeelprys het sedert die aankondiging van die transaksie in September byna gehalveer tot R143,79. Baie ontleders was bekommerd oor die disinvestering, maar daar was ook vrae oor Aspen se halfjaarresultate, veral die groep se skuldvlakke.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.