Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Aspen verklaar nie dividend

Die farmaseutiese groep Aspen het aangekondig hy gaan nie ’n dividend vir die boekjaar verklaar nie omdat hy eers sy skuld wil verminder.

Aspen gaan nie na die huidige boekjaar 'n dividend betaal nie. Foto: Argief

Die maatskappy het Woensdag ná marksluiting sy resultate vir die boekjaar tot einde Junie uitgereik.

Die groep sukkel sedert verlede jaar met sy skuld.

Sy lenings is van R53 miljard einde Desember tot R39 miljard verlaag.

Kuseni Dlamini, voorsitter, en Stephen Saad, uitvoerende hoof, sê die direksie het besluit dit sal wys wees om nie ’n dividend te verklaar nie in die lig van die poging om sy skuld te verminder; die skuld wat in 2020 gediens moet word en die korttermynvereistes van voortgesette kapitaalprojekte.

Aspen se inkomste het met 1% tot R39,9 miljard gestyg.

Die genormaliseerde bedryfswins voor finansieringskoste en waardevermindering (ebitda) het met 2% tot R10,8 miljard gedaal.

In die laaste ses maande van die boekjaar het Aspen van sy ondernemings verkoop en ’n opbrengs voor belasting van R12,3 miljard behaal.

Sterk kontantvloei in die tweede helfte en die opbrengs met die verkoop van die ondernemings het gehelp met die vermindering van die skuld.

Die groep het ook R3,1 miljard van sy tasbare en ontasbare bates afgeskryf. Daarvan hou R2,4 miljard met ontasbare bates (dus handelsnaamwaarde) verband.

Die waarde van sy ontasbare bates het van R72,1 miljard aan die einde van die vorige boekjaar tot R67,1 miljard gedaal.

Meer oor:  Aspen  |  Medisyne
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.