SPESIALE VAKANSIE-AANBOD: Teken in teen net R49 vir jou eerste maand! Word 'n intekenaar
Maatskappye
Aspen verkoop Japanse sake om skuld te delg

Die Suid-Afrikaanse farmaseutiese maatskappy Aspen gaan sy onderneming in Japan teen altesaam sowat R6,5 miljard aan die internasionale farmaseutiese groep Novartis verkoop.

Aspen het ook ’n ooreenkoms van vyf jaar met Sandoz aangegaan om die medisyne wat in Japan aan hom verkoop is, steeds te vervaardig.

Aspen se aandeelprys het Maandag amper 4% hoër gesluit ná die aankondiging.

Die geld gaan gebruik word om van sy skuld te delg.

Sy bedrywighede in Japan en die betrokke handelsname word aan Novartis se afdeling Sandoz verkoop.

Aspen het ook ’n ooreenkoms van vyf jaar met Sandoz aangegaan om die medisyne wat aan hom verkoop is, steeds te vervaardig.

Die kontant wat Aspen daarmee sal genereer beloop R4,9 miljard (ongeveer 300 miljoen) in vandag se wisselkoers. Nog R1,6 miljard (100 miljoen) sal betaal word sodra sekere mylpale bereik is. Na verwagting sal die laaste bedrag teen einde Desember 2023 aan Aspen betaal wees.

Die bedrywighede in Japan het R2,1 miljard tot die groep se inkomste en R400 miljoen tot die genormaliseerde bedryfswins voor finansieringskoste en waardevermindering tot einde Junie bygedra.

“Die verkryging sal Sandoz in staat stel om sy teenwoordigheid uit te brei in die derde grootste mark vir generiese medisyne in die wêreld. Die verkryging van Aspen se Japanse onderneming sal ons posisie wesenlik versterk in die land, wat ’n stabiele maar groeiende generiese mark is,” het Richard Saynor, uitvoerende hoof van Sandoz, in ’n verklaring gesê.

Die portefeulje bestaan uit sowat 20 produkte wat insluit handelsnaam-medisynes wat nie meer aan ’n patent onderhewig is nie.

Meer oor:  Aspen  |  Medisyne  |  Skuldlas  |  Transaksie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.