Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Aspen wil onderneming in Asië verkoop

Die farmaseutiese maatskappy Aspen het aangekondig hy wil een van sy ondernemings in Asië verkoop.

Aspen se wins gaan daal na hy R3 miljard van sy ontasbare bates afgeskryf het.

Die maatskappy het Vrydag in ’n omsigtigheidsverklaring gesê hy is in gesprekke om van 'n kommersiële onderneming in die Asiese en Stille-Oseaan-gebied te desinvesteer.

Met kommersiële onderneming word bedoel dit sluit vervaardiging uit.

Die gebiede wat volgens Aspen hierby ingesluit word, is Australië, China, Japan en ander dele van Asië.

Aspen het in September met die uitreiking van sy resultate vir die boekjaar gesê hy bly gefokus daarop om sy skuld te verminder.

Sy skuld is van einde Desember tot einde Junie van R53,5 miljard tot R39 miljard verminder danksy onder meer ondernemings wat verkoop is.

Met die resultate is net na ’n hersiening van sy ondernemings in Europa verwys en niks is van die ander streke gesê nie.

Aspen het ná sy boekjaar met die uitreiking van die jaarstate aangekondig hy moes vir ’n groot afskrywing van R719 miljoen voorsiening maak nadat hy ’n sooibrandmiddel in Australië van die mark moes onttrek.

Die produk, Zantac, vir sooibrand en maagsere, is onttrek omdat dit ranitidien bevat. Dit het gevolg nadat die Amerikaanse kos-en-medisyne-owerheid (FDA) in September ranitidien van die mark onttrek het omdat dit moontlik ’n stof bevat wat kanker kan veroorsaak.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.