Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Aspen wil skuld diens met verkoop van R1,8 miljard
Aspen is 'n groot vervaardiger van medisyne.

Die farmaseutiese maatskappy Aspen het aangekondig sy voorskrif- en ander medisyne wat in Australië verkoop word, gaan deur die internasionale farmaseutiese maatskappy Mylan gekoop word.

Aspen gaan nagenoeg R1,8 miljard kry met die transaksie en wil sy skuldlas daarmee verder laat krimp.

Beleggers is gewys op ’n aankondiging van 13 Desember op die JSE se nuusdiens, Sens, waarin gesê is sy volfiliaal Aspen Global Incorporated en sy filiale in Australië het ’n verspreidingsooreenkoms met Alphapharm van Mylan gesluit om sy voorskrif- en ander medisyne in Australië en Nieu-Seeland te versprei.

Dié ooreenkoms het ook ’n opsie bevat vir Mylan om die hele portefeulje van produkte te koop.

Mylan het nou die opsie uitgeoefen om die portefeulje van produkte teen A$188 miljoen (R1,8 miljard teen vandag se wisselkoers) te koop.

Daarvan moet R927 miljoen teen einde Mei betaal word.

Nog R299 miljoen en R647,8 miljoen moet onderskeidelik teen Januarie en September 2020 betaal word.

Die finale betaling hang af van sekere voorwaardes waaraan Aspen moet voldoen.

Aspen sê die disinvestering hou verband met sy benadering tot die bestuur van sy produkportefeulje deur produkte te bekom wat waarde verhoog en van niekernbates ontslae te raak.

Meer oor:  Aspen  |  Medisyne  |  Farmaseutiese Maatskappye  |  Gesondheid  |  Skuld
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.