Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Astral-hoof in ongeluk met motorfiets beseer

Chris Schutte, uitvoerende hoof van die hoendervleisprodusent Astral Foods, was die naweek in ’n motorfietsongeluk betrokke en word vir veelvuldige beenbreuke in ’n hospitaal in George behandel.

Chris Schutte, uitvoerende hoof van Astral Foods. Foto: Vida Booysen

Die maatskappy sê Maandag Schutte was Saterdag tydens sy verlof op ’n motorfietsrit as deel van sy 60ste verjaardagvieringe.

Die ongeluk was op ’n grondpad in die Karoo. Hy is per helikopter na George gebring en sal van daar na Johannesburg geneem word vir verdere operasies. Dit is sodat sy dokters wat bekend is met sy mediese geskiedenis hom kan behandel.

Schutte is in Julie positief vir die koronavirus getoets, maar het intussen herstel. Hy het oor die afgelope jare verskeie hartaanvalle gehad. Hy het in Augustus 2019 ’n hartoperasie ondergaan en was tydens sy Covid-19-siekte tuis in isolasie en onder streng toesig van sy dokters, het Astral Foods vroeër in ’n verklaring gesê.

Schutte is al 11 jaar aan die stuur van Astral Foods.

Volgens Astral is dit onbekend hoe lank dit gaan duur vir Schutte om van sy beserings te herstel.

Intussen sal Daan Ferreira, finansiële hoof van die pluimveegroep, weer as hoof waarneem.

Meer oor:  Astral  |  Motorfietsongeluk  |  Hoenderbedryf
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.