Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Astral koop belang in Quantum Foods

Die hoendergroep Astral Foods het ’n minderheidsaandeel van 6,42% in die eier- en kuikenprodusent Quantum Foods bekom.

Die hoendergroep Astral Foods het ’n minderheidsaandeel in Quantum Foods bekom. Foto: Unsplash

Dit volg op ’n wesenlike verandering in Quantum se aandeelhouding wat Astral bekommerd gelaat het oor sy bestaande ooreenkomste met die kuikenprodusent.

Die plaaslik genoteerde beleggingsmaatskappy Zeder besit reeds ’n aansienlike belang in Quantum.

Silverlands, ’n beleggingsmaatskappy van Luxemburg, het op 10 Julie ook ’n belang van 32% in Quantum bekom.

Dit is nie bekend hoeveel Astral vir sy belang in Quantum betaal het nie.

Quantum se aandeelprys het Dinsdagmiddag teen R7,05 per aandeel verhandel teenoor R6,40 die vorige dag.

Quantum verskaf 30% van Astral se lewende braaihoenders vir slagting in die Wes-Kaap. Quantum verskaf sowat 12% van al die lewende braaihoenders wat Astral landwyd slag.

“As daar ’n verandering is in die beheer van Quantum, kan dit ’n negatiewe uitwerking op ons ooreenkoms tot gevolg hê,” sê Astral in ’n verklaring.

Die maatskappy kan dalk gedwing word om sy eie hoenderplase op te rig om aan die vraag na braaihoenders veral in die Wes-Kaap te voorsien.

Astral verwelkom wel die belegging deur Silverlands en voer aan dit sal help om die belange van kleiner aandeelhouers in Quantum te beskerm en help verseker dat die maatskappy steeds as ’n “onafhanklike, geïntegreerde pluimvee- en eierprodusent bedryf word”.

Astral se aandele het Dinsdag 1,6% laer teen R146,89 verhandel.

Meer oor:  Quantum Foods  |  Astral  |  Hoender  |  Hoenderbedryf
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.