Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Astral maan munisipale probleme raak sy sak

Die hoendergroep Astral Foods verwag sy wesensverdienste per aandeel gaan in die halfjaar tot einde Maart met tussen 50% en 55% daal.

By County Fair se aanleg in die Agter-Paarl word 1,6 miljoen braaihoenders per week geslag, luidens die maatskappy se jongste verslag. Foto: Verskaf

Astral verkoop onder meer hoendervleis onder die handelsname County Fair, Goldi Fresh, Mountain Valley en Supa Star, en vervaardig ook voer.

Astral het reeds aangedui hy verwag sy bedryfswins gaan vir die eerste kwartaal van sy boekjaar wesenlik laer wees.

Vergeleke met die huidige omgewing waarin Astral bedrywig is, het hy in die ooreenstemmende vorige halfjaar voordeel getrek uit laer voerpryse ná ’n rekordmielie-oes, terwyl hoenderprodukte goeie pryse behaal het weens ’n tekort aan braaihoenders.

Die teenoorgestelde toestande geld nou.

Sy wins is afgetrek deur hoër voerpryse en produksiekoste wat vererger word deur laer pryse vir die produkte wat hy verkoop.

Sy resultate vir die halfjaar sal op 13 Mei uitgereik word.

Boonop maan die maatskappy nou dat die swak infrastruktuur van die Lekwa-munisipaliteit (Standerton) in Mpumalanga ’n impak het op watervoorsiening wat noodsaaklik is vir die verwerking van hoendervleis en dat dit tot onnodige koste gelei het. Dit is nie duidelik of die maatskappy bedoel dit het ná die halfjaar gebeur nie, dus in sy tweede helfte nie.

“Voortgesette probleme met die infrastruktuur veroorsaak ’n bedenklike situasie vir Astral se bedrywighede in dié gebied.”

Meer oor:  Astral  |  Lekwa-Munisipaliteit  |  Standerton  |  Veevoer  |  Aanleg  |  Hoenderbedryf
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.