Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Astral van 2 kante onder druk

Laer gemiddelde hoendervleispryse in die kwartaal tot einde Desember het verbruikers bevoordeel, maar dit knyp die winsmarge van die pluimveegroep Astral Foods.

Hoenderpryse daal, maar voerpryse styg. Foto: Astral

Astral waarsku sy bedryfswins vir die eerste kwartaal van sy 2019-boekjaar was aansienlik laer as ’n jaar gelede en dit sal sy resultate vir die halfjaar tot einde Maart negatief raak.

Die nuus het sy aandeelprys teen die markopening Dinsdag op die JSE met 2,82% tot R152,08 laat daal.

Astral is in ’n kopklem. Aan die een kant het mieliepryse gestyg weens swak reën in die sentrale en westelike dele van die mielieproduserende gebiede. Dit beteken Astral moet meer betaal vir die voer wat sy hoenders vreet.

Aan die ander kant is verbruikers se besteebare inkomste onder druk en was sy verkooppryse van pluimveeprodukte gemiddeld laer as ’n jaar gelede. Dit plaas aansienlike druk op Astral se winsmarge, het die groep Dinsdag in ’n vrywillige bedryfsopdatering op die JSE se Sens-nuusdiens laat weet.

Benewens die teleurstellende verbruikersbesteding, wat ooreenstem met kleinhandelaars se jongste verslae, was daar hoë voorraadvlakke aan die einde van die 2018-boekjaar wat weggewerk moes word en tot laer pryse gelei het.

Boonop was die vorige jaar se resultate vir dieselfde tydperk op ’n historiese hoogtepunt. Dit was weens die lae voerkoste in die tyd ná ’n rekordmielieoes van die 2016-’17-bemarkingsjaar. Die verkooppryse van pluimveeprodukte - hoendervleis én eiers - was toe ook sterker weens die negatiewe impak wat voëlgriep op die hele pluimveebedryf gehad het.

Ondanks die taai handelstoestande sê Astral hy hou by sy strategie om sy verwerkingsaanleg in Midrand op te gradeer en uit te brei. Die eerste fase van die projek sal na verwagting in 2020 klaar wees.

Meer oor:  Astral  |  Hoenders  |  Kospryse  |  Mielies  |  Kosprysinflasie  |  Vleispryse  |  Hoenderbedryf  |  Eiers  |  Eierpryse
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.