Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Astral verwag laer verdienste

Astral Foods, die grootste plaaslike produsent van hoendervleis, verwag dat sy verdienste per aandeel vir die halfjaar tot einde Maart tot 45% laer as ’n jaar gelede sal wees.

Die hoendervleisprodusent Astral Foods verwag dat sy verdienste vir die halfjaar tot einde Maart nie meer as 45% laer as ’n jaar gelede sal wees nie.

Die produsent waarsku dat die effek van die nasionale inperking op die ekonomie en die gedempte verbruikersbesteding deur die hele ses maande gevoel is.

Hy het in die vorige vergelykende tydperk ’n verdienste per aandeel van R9,51 behaal, en mik om vir die halfjaar tot einde Maart minstens R5,23 per aandeel in verdienste te behaal.

Astral, wat verwag om teen 17 Mei sy halfjaarresultate bekend te maak, het op die JSE se nuusdiens, Sens, daarop gewys dat die vorige vergelykende tydperk in die tyd was voordat die pandemie in sy felheid in Suid-Afrika toegeslaan het.

Hy waarsku boonop dat sy pluimvee-afdeling nie in die halfjaar daarin kon slaag om die aansienlike styging in hoendervoer van die verkoopprys van sy produkte te verhaal nie.

Astral sê hy beoog om later weer ’n handelsverklaring uit te reik namate daar groter sekerheid is oor met hoeveel die verdienste per aandeel kan daal.

Meer oor:  Astral  |  Pluimveebedryf  |  Resultate  |  Landbou  |  Pluimvee
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.