Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Astral verwag stewige styging in wins
Die prys van mielies, een van die belangrikste bestanddele van pluimveevoer, het nou ook ’n draaipunt bereik en weer begin styg van sy lae vlakke af. Foto: Vida Booysen

Laer voerkoste gee die pluimveeprodusent Astral rede om breëbors te wees oor ’n groot verwagte winsstyging vir die jaar tot einde September.

Die maatskappy, die land se grootste pluimveeprodusent, sê in ’n verklaring hy verwag ’n reusestyging van minstens 85% tot R35,13 in sy wesensverdienste per aandeel.

Dit word onder meer toegeskryf aan voerkoste wat weer genormaliseer het nadat dit buitengewoon hoog was in die vorige boekjaar toe droogte die pryse opgejaag het.

Die afgelope twee jaar het pluimveeprodusente voordeel getrek uit rekord-somergraanoeste en ’n relatief stewiger rand.

Astral waarsku egter dat die vooruitsigte nie so rooskleurig is vir die volgende boekjaar nie. Die onlangse verhoging van een persentasiepunt in belasting op toegevoegde waarde (BTW) en die reeks brandstofprysverhogings die afgelope jaar knou verbruikers se koopkrag.

Die prys van mielies, een van die belangrikste bestanddele van pluimveevoer, het nou ook ’n draaipunt bereik en weer begin styg van sy lae vlakke af. Die rand het ook in die afgelope weke merkbaar verswak.

Astral verwag om sy jaarresultate op 19 November bekend te maak. Die maatskappy se aandeelprys het Woensdagoggend aanvanklik met 2% verstewig ná die positiewe handelsverklaring, maar teen 11:45 weer teruggesak tot R255,94, wat 0,4% laer as die openingsprys is.

Meer oor:  Astral  |  Pluimveebedryf  |  Maatskappye  |  Landbou
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.