Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Aveng bank R133 m. vir spoorweg-filiaal

Aveng het bevestig dat die verkoop van Aveng Rail, wat reeds in Oktober 2018 aangekondig is, voltooi is.

’n Werker op ’n bouperseel waar Aveng Grinaker-LTA bedrywig is. Foto: Reuters

Aveng Rail is vir R133 miljoen aan Mathupha Capital verkoop.

Aveng gaan die geld gebruik om sy skuldvlakke te verminder.

Die konstruksiefirma het in 2018 bekend gemaak hy gaan al sy filiale verkoop met die uitsondering van McConnell Dowell, sy Australiese konstruksie-en-mynbou-filiaal, en sy plaaslike mynbou-filiaal Moolmans, wat onder meer oopgroefmyne bedryf en mynskagte sink.

Aveng wil ook sy Suid-Afrikaanse konstruksie-afdeling, Grinaker LTA, verkoop, maar sê in Dinsdag se Sens-verklaring hy gaan net verkoop indien hy waarde kan realiseer.

Meer oor:  Aveng  |  Transaksie  |  Verkoop
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.