Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Aveng Water vir R10 m. minder verkoop as verwag
Konstruksie aan een van Aveng se bouprojekte in Johannesburg. Foto: Getty Images

Die konstruksiegroep Aveng het die verkoop van sy waterinfrastruktuur-ondernemings Aveng Water en Aveng Water Namibië voltrek.

Aveng het Dinsdag ’n betaling van R85 miljoen van Cambrose 735, ’n spesialedoelmaatskappy in swart besit, ontvang.

Aveng Water suiwer onder meer suur mynwater en doen ontsouting van seewater. Die kooptransaksie is aanvanklik in Januarie aangekondig teen ’n bedrag van R95 miljoen.

Cambrose het uiteindelik R10 miljoen minder vir albei ondernemings betaal.

Luidens ’n Sens-verklaring is die bedrag ná ’n omsigtigheidsondersoek verminder.

’n Uitgestelde betaling van R5 miljoen geld wel wat in Junie 2020 betaalbaar sal wees mits ’n “aantal voorwaardes” nagekom word.

Aveng sê voorts hy gaan die geld wat hy reeds ontvang het, gebruik om die groep se finansiële posisie te versterk.

Aveng is, soos ander groot konstruksiefirmas, die afgelope paar maande diep in die knyp weens die gebrek aan groot infrastruktuurprojekte in Suid-Afrika en die res van Afrika.

Hy het reeds in Februarie 2018 aangekondig hy gaan sake herstruktureer en van niekernbates ontslae raak.

Aveng wil homself graag eendag as ’n internasionale infrastruktuur-en-hulpbronfirma herposisioneer.

Meer oor:  Aveng  |  Aveng Water  |  Konstruksie  |  Konstruksiebedryf
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.