Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
AVI sukkel oor hy minder skoene en vis verkoop

AVI, die eienaars van handelsmerke soos Green Cross, I&J en Five Roses, het enorme verliese in al sy kategorieë behalwe een ervaar, hoofsaaklik weens swak skoenverkope.

I&J is een van die vele handelsmerke in die AVI-groep wat gely het onder kwynende verbruikersbesteding in die halfjaar tot einde Desember, en wat tot groot verliese vir die groep gelei het. Foto: I&J

AVI het Maandag sy finansiële resultate vir die halfjaar tot einde Desember uitgereik, wat wys dat AVI se wins ná belasting in vergelyking met ’n jaar gelede met 6,5% tot R994 miljoen gedaal het.

Uit sy verskeie kategorieë van goedere het slegs AVI se Entyce Beverages, wat verskeie koffie- en tee-handelsmerke insluit, groei in sy bedryfswinssyfers aangeteken, met ’n toename van 10,1% tot R467 miljoen. Dié prestasie het wel nie kwynende verbruikersbesteding heeltemal ontduik nie, en verkope in luukse tees en koffies het wel afgeneem, maar nie genoeg om ekstra inkomste uit hoër verkope van goedkoper handelsmerke en reekse uit te skakel nie.

Die ander afdelings van AVI se bedrywighede het die volgende bedryfswinssyfers aangeteken:

Kos en drankies:

  • Snackworks: R429,2 miljoen (-5%)
  • I&J: R146,5 miljoen (-18%)

Mode-handelsmerke:

  • Persoonlike sorg: R128,4 miljoen (-8,5%)
  • Klere en skoene: R270,8 miljoen (-20,9%)

AVI se wesensverdienste het dus met 5,6% van R1,06 miljard tot R1 miljard gedaal, wat wesensverdienste per aandeel met 6,2% tot 305,5c afgestoot het.

AVI verduidelik die hoofoorsaak vir sy swakker prestasie was weens albei sy skoenhandelsmerke, Spitz en Green Cross, asook sy seekos-eenheid, I&J.

Green Cross het ’n bedryfsverlies van R18,8 miljoen gely. By Spitz het verkope met 8,2% afgeneem, wat inkomste met 7,8% afgestoot het, ondanks die feit dat pryse op sy kernreeksskoene nog nie sedert 2016 toegeneem het nie.

AVI verduidelik verbruikersbesteding is erg onder druk en dat swaar op kleinhandelverkope druk.

“Verkoopsvolumes is erg deur die trae aanvraag en wydverspreide diskonto in die middelprys-segmente van gemak-skoene beïnvloed, en is ook deur die swak prestasie van ons somerreeks in winkels vererger,” het AVI in ’n Sens-verklaring gesê.

I&J se syfers, die ander groot rede vir AVI se kwale, is weer hoofsaaklik afgedruk deur swak visvang-syfers en kwynende aanvraag vir baie van sy seekosprodukte, behalwe die kern stokvisprodukte.

“Ons verwag baie van ons kategorieë sal steeds lae of selfs negatiewe groeikoerse hê totdat daar ’n betekenisvolle verbetering in die ekonomie is.”

AVI het egter gesê daar is ’n beter vooruitsig vir ’n sterker tweede helfte van die boekjaar moontlik as huidige verkoopsvolumes volgehou word en veral as die visvang-koers van I&J in ooreenstemming met die jongste skattings bly.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.