Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Ayo-direkteur bedank

Malick Salie, Ayo Technology Solutions se beleggingshoof, het uit dié tegnologiefirma se direksie bedank, maar bly in beheer van die firma se beleggings, het die maatskappy Dinsdagaand op Sens aangekondig.

Dr. Iqbal Survé, wie se familie Ayo Technology Solutions besit.

Ayo, een van die firmas waarin dr. Iqbal Survé en sy familie groot belange hou, sê sy huidige beleggingsfunksies sal glad nie ontwrig word nie.

Salie is vroeër vanjaar betrek by getuienis voor die Mpati-kommissie van ondersoek na die Openbare Beleggingskorporasie (OBK) se beleggingsprosesse. Die OBK belê die geld van die staatsdienspensioenfonds (GEPF).

Salie is genoem in getuienis oor die OBK se belegging van R4,3 miljard in Ayo met Ayo se notering in 2107.

Siphiwe Nodwele, voormalige beleggingshoof van Ayo, het getuig dat hy meen Survé en Khalid Abdullah, uitvoerende hoof van African Equity Empowerment Investments (AEEI), het druk op Salie geplaas om seker te maak Ayo word op R14,8 miljard gewaardeer. AEEI is nog ’n Survé-firma.

Die waardasie van Ayo voor sy notering word tans deur die JSE ondersoek.

Nodwele het getuig die maatskappy was eintlik net R1 miljard werd.

Die JSE sê in ’n Sens-verklaring hy het Ayo versoek om “dringend” met sy eksterne ouditeurs in gesprek te tree en ’n ouditmening van sy 2018- en 2019- ongeouditeerde tussentydse resultate te bekom.

Dis ’n buitengewone stap omdat maatskappye in die gewone gang van sake nie geouditeerde halfjaarsyfers hoef uit te reik nie.

Die JSE sê die getuienis voor regter Lex Mpati deur twee oudwerknemers van Ayo dat hulle opdrag gegee is om die syfers vir die 2018-halfjaar aan te pas “om ’n opgeblase syfer aan die mark te gee”, is onrusbarend.

“Dié bewerings is vir die JSE baie kommerwekkend omdat die akkuraatheid en betroubaarheid van die finansiële inligting wat maatskappye publiseer, van deurslaggewende belang is en ’n hoeksteen is van ’n billike, doeltreffende en deursigtige mark vir die JSE en enige gereguleerde beurs.”

Akkurate resultate is een van die JSE se noteringsvereistes.

Ayo het onderneem om met die JSE saam te werk.

Survé is een van AEEI se grootste aandeelhouers en die AEEI besit 49,36% van Ayo. Survé is ook die voorsitter van Independent Media.

Meer oor:  Aeei  |  Sekunjalo  |  Obk  |  Ayo Technology Solutions  |  Ayo  |  Independent Media  |  Iqbal Survé  |  Batebestuursfirmas  |  Obk-Ondersoek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.