Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Ayo distansieer hom van Salie se syfers

Die tegnologiegroep Ayo het Dinsdagmiddag nadat die aandeelmark gesluit het in ’n verklaring op die JSE se nuusdiens hom gedistansieer van Abdul Malick Salie se getuienis by die kommissie van ondersoek oor die Openbare Beleggingskorporasie.

Salie is in Januarie vanjaar as beleggingshoof van Ayo aangestel. Hy het op 6 Mei as direkteur van Ayo bedank maar is steeds beleggingshoof en deel van die bestuurspan.

Ayo het na paragraaf 81 van sy verklaring verwys.

In die paragraaf het Salie gesê hy beraam Ayo sal in die boekjaar R3 miljard se inkomste en ’n beraamde R200 miljoen wins maak. Dit sluit enige inkomste uit British Telecom (BT) en enige rente uit.

Voorheen het Iqbal Survé, voorsitter van die Sekunjalo-groep, wat ’n nie-regstreekse belang in Ayo hou, begin April getuig die maatskappy se wins gaan minstens R800 miljoen wees, het Netwerk24 berig.

Dit is nie seker of Survé dalk BT ingesluit het nie.

Nieteenstaande het Ayo in sy verklaring op die JSE gesê beleggers moet daarop let dis Salie se persoonlike siening en is sonder die kennis of insae van die maatskappy gedoen.

Die stelling word as ’n winsvooruitskouing ingevolge noteringsvereistes beskou.

Ayo het ook gesê die stelling is nie deur sy ouditeure hersien nie.

“Die maatskappy weet nie waarop die syfers gegrond word nie.”

Salie is gedagvaar om te getuig. Hy het na dié syfers verwys omdat hy glo Ayo sal “met die huidige pyplyn van verkrygings en ’n verhouding met BT waarin nuwe lewe geblaas is en die bemagtigingskwalifikasies” positiewe aandeelhouerswaarde lewer.

Meer oor:  Aeei  |  Obk  |  Ayo  |  Iqbal Surve  |  Kommissie Van Ondersoek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.