Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Ayo nog nie klaar met oudit wat JSE aanvra

Dit is reeds amper vyf maande later en Ayo het nog nie ’n oudit afgehandel oor sy halfjaarresultate vir die ses maande tot einde Februarie 2018 waarvoor die JSE gevra het nie.

Die maatskappy het Vrydag weer 'n omsigtigheidsverklaring uitgereik waarin gesê is die oudit is nog nie klaar nie.

PRETORIA, SOUTH AFRICA - APRIL  2: Chairperson of
Iqbal Survé het onlangs voor die kommissie van ondersoek oor die OBK oor onder meer Ayo getuig. Iqbal Survé, voorsitter van Independent Media, besit deur ‘n familietrust en maatskappy ‘n groot belang in Ayo. Foto: Gallo Images / Phill Magakoe

Die JSE het in April vir dié ouditmening gevra nadat twee voormalige topbestuurslede van Ayo by die kommissie van ondersoek na die Openbare Beleggingskorporasie (OBK) onder eed getuig het hulle is opdrag gegee om dié resultate te wysig om syfers te oordryf.

LEES OOK: JSE vra oudit-mening oor Ayo se markwaarde

Daar word nie van eksterne ouditeurs verwag om ’n ouditmening oor tussentydse resultate uit te spreek nie. Die JSE het ook gevra ’n ouditmening moet oor die jongste halfjaarresultate verskaf word.

So verloop Ayo se jaar:

  • 21 Februarie: Die Kommissie vir Maatskappye en Intellektuele Eiendom (CIPC) reik ’n kennisgewing aan die OBK uit om sy belegging van R4,3 miljard in Ayo terug te kry.
  • 11 Maart: Ayo verwittig beleggers hy het ’n dringende aansoek in die hooggeregshof in Pretoria ingedien vir ’n interdik wat die CIPC verbied om die kennisgewing af te dwing, en om die OBK te verbied om te reageer op die kennisgewing. Terselfdertyd het Ayo ook aansoek gedoen om die kennisgewing tersyde te laat stel.
  • 26 Maart: Ayo stel beleggers in kennis dat ’n aansoek wat die OBK ingedien het om die kennisgewing tersyde te stel, geslaag het. Die hooggeregshof het die kennisgewing onwettig verklaar.
  • 1 April: Ayo reik sy resultate vir die halfjaar tot einde Februarie 2019 uit.
  • 8 April: Twee voormalige topbestuurslede van Ayo getuig onder eed by die kommissie van ondersoek na die OBK dat hulle opdrag gegee is om die maatskappy se resultate vir die halfjaar tot einde Februarie 2018 te wysig.
  • 10 April: Die JSE sê in ’n verklaring dié aantygings bekommer hom omdat die akkuraatheid en betroubaarheid van finansiële inligting noodsaaklik is vir ’n aandelemark se doeltreffendheid. Ayo word opdrag gegee om van sy eksterne ouditeure ’n ouditmening te kry oor die twee halfjare (2018 en 2019). Die JSE sê ook hy is met verskeie ondersoeke na Ayo besig.
  • 11 April: Ayo sê hy is van voorneme om die JSE se opdrag na te kom.
  • 7 Mei: Ayo sê Abdul Malick Salie het die vorige dag as uitvoerende direkteur bedank. Hy bly aan in ’n topbestuurpos. Hy is in Januarie as beleggingshoof aangestel.
  • 14 Mei: Salie getuig voor die OBK-kommissie. Ayo distansieer hom in ’n verklaring van Salie se getuienis en ’n spesifieke paragraaf in sy geskrewe eedsverklaring. Daarin sê Salie dat Ayo in die boekjaar R3 miljard se inkomste en ’n geraamde R200 miljoen se wins gaan behaal. Ayo sê die verklaring is sonder Ayo se medewete en insette gedoen.
  • 31 Mei: Ayo ontvang ’n dagvaarding van die OBK en die pensioenfonds van staatsdienswerkers (GEPF). Die OBK en die GEPF vra ’n hofbevel om die ooreenkoms van Desember 2017, waarvolgens R4,2 miljard betaal is vir ’n belang in Ayo, onwettig te verklaar en tersyde te stel. Ayo gaan dit teenstaan.
  • 12 Junie: Ayo sê in ’n verklaring weens die oudit van die 2018- tussentydse resultate sal dié syfers aangepas moet word. Die maatskappy verwys na verdraaiings in sy 2018-halfjaarresultate, maar die direksie glo nie dit gaan ’n wesenlike impak op sy geouditeerde syfers vir die boekjaar tot einde Augustus 2018 hê nie.

Ayo se aandeelprys bereik laat in Augustus ’n laagtepunt van R7 nadat dit sedert sy notering in Desember 2017 voortdurend gedaal het. Ná sy notering het dit op 22 Desember 2017 op R45 gesluit. Die OBK het R43 per aandeel vir sy belang in Ayo betaal.

Meer oor:  Jse  |  Obk  |  Ayo  |  Oudit
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.