Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Woolworths se aandeelprys styg 6% ná hoof vertrek
Roy Bagattini Foto: Levi Strauss

Roy Bagattini is as die nuwe uitvoerende hoof van die Woolworths-groep aangestel.

Hy volg Ian Moir op, wat op 16 Februarie uittree.

Woolworths het dié aankondiging Dinsdagoggend op die JSE se nuusdiens, Sens, gemaak.

Sy aandeelprys het met 6% gestyg. 

Moir sal voorlopig die waarnemende uitvoerende hoof van David Jones, Woolworths se Australiese afdelingswinkel, wees.

David Thomas, wat voorheen uitvoerende hoof by David Jones was, het in Februarie 2019 om persoonlike redes bedank.

Bagattini, ’n Suid-Afrikaanse burger, was tot nou president vir Levi Strauss & Company se bedrywighede in die Amerikas.

Bagattini het ’n groot rol gespeel in die ontwikkeling van Levi Strauss se e-handel. 

Hy het vir meer as 19 jaar in internasionale markte gewerk.

Bagattini het ook voorheen vir die Carlsberg-groep in Hongkong en vir SABMiller oorsee en in Suid-Afrika gewerk.

Bagattini se aanstelling geld van 17 Februarie.

Meer oor:  Levi Strauss  |  Woolworths  |  Roy Bagattini  |  Ian Moir
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.