Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Bank of Baroda hou ‘opbrengs uit misdaad’ vas
Ajay en Atul Gupta Foto: Muntu VIlakazi, Argief

Bank of Baroda se Suid-Afrikaanse afdeling is in besit van “die opbrengs van ’n misdaad” van nagenoeg R30 miljoen, sê Thato Ntimutse, ’n prokureur van die nasionale vervolgingsgesag (NVG) se batebeslagleggingseenheid.

Bank of Baroda probeer die Suid-Afrikaanse regering keer om die R30 miljoen te bevries.

Die hooggeregshof het op 19 Januarie die NVG toestemming gegee vir verskillende bewaringsbevele om bates te bevries wat verband hou met die omstrede Vrede-suiwelprojek.

Dié staatsplaas in die Vrystaat is in 2012 aan Estina, ’n Gupta-verwante maatskappy, verhuur en die provinsiale regering het ingestem om die grond te help ontwikkel.

Maar meer as R220 miljoen wat bestem was vir die plaas is na bewering na onder andere Atul Gupta en talle verwante maatskappye van die Gupta-familie gekanaliseer.

Die NVG het beweer dié Gupta-broer het R10 miljoen daarvan ontvang.

Luke Spiker, ’n regsverteenwoordiger van Bank of Baroda, het Donderdag in die hof gesê die bewaringsbevel vir die R30 miljoen is verkeerd omdat die bank se kliënte reeds die geld onttrek het. Beslaglegging op ’n gelyke bedrag van die bank se eie geld kan nie gehandhaaf word nie.

Atul se prokureur, Rafik Bhana, het in die hof gesê Bank of Baroda het R10 miljoen wat hy van Estina gekry het, in ’n vastedepositorekening in die plaas se naam oorbetaal. Dit het nie na Atul Gupta gegaan nie.

“Die toets hier is nie of daar geldwassery was of nie, dit gaan oor die R10 miljoen,” het Bhana gesê.

“Dit gaan oor meer as die Guptas. Dit gaan oor die oppergesag van die reg.”

Ntimutse het Vrydag in die hooggeregshof in Bloemfontein gesê hoewel die staatsgeld wat vir die plaas bedoel was ook deur ander banke gevloei het, het Bank of Baroda net ’n enkele bankrekening gehad waarin al die geld betaal is – wat die wettige en onwettige geld gemeng het.

Uitspraak is voorbehou op die aansoeke om die bewaringsbevele te stop wat teen Gupta, Bank of Baroda en die verskillende maatskappye uitgereik is, het regter Fouché Jordaan Vrydag gesê.

Hy lewer op 9 Maart uitspraak. – Bloomberg

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.