Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Bank Zero se deure amper oop

Bank Zero is een stap nader om sy digitale deure in 2020 te open.

Wat veronderstel was om een van Suid-Afrika se eerste volkome digitale bank te wees, is nou laaste uit die wegspringblokke nadat sowel TymeBank en Discovery Bank hom voorgespring het.

Michael Jordaan, oudhoof van FNB, is die voorsitter en medestigter van Bank Zero.

In ’n verklaring Woensdag sê Bank Zero hy het sy debietkaartfasiliteit in werking gestel en gaan dit nou deur “strawwe toetse” neem om die veiligheid daarvan op die proef te stel.

Sodra sy stelsels só ’n gesimuleerde aanval oorleef, sal die bank begin om alles anders in orde te kry sodat Jan Alleman daarby kan aansluit.

Bank Zero hoop om teen die “eerste helfte van 2020” volledig in bedryf te wees.

Die bank wou aanvanklik voor die einde van 2018 in werking wees, maar het daardie mikpunt misgeloop.

TymeBank het in Februarie 2019 die eerste volkome digitale bank geword om sy virtuele deure in Suid-Afrika te open gevolg deur Discovery Bank ’n paar maande later.

Bank Zero moet ook nog ’n paar ander aspekte reg kry soos die finale afronding aan sy bankapp, die toets van sy bankkaarte en om seker te maak hy voldoen aan alle regulatoriese vereistes.

Die bank het reeds ’n volle banklisensie van die Suid-Afrikaanse Reserwebank ontvang.

Meer oor:  Bank Zero  |  Bankbedryf  |  Banke
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.