Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Bankbaas verdien R49 m. in 2018
Sim Tsabalala, uitvoerende hoof van Standard Bank.Foto: Elvira Wood

Sim Tsabalala was in die 2018-boekjaar R49 miljoen vir Standard Bank werd.

Tsabalala, uitvoerende hoof, se inkomste het bestaan uit ’n salaris van R9,987 miljoen, ’n jaarlikse kontantbonus van R11,35 miljoen, ’n uitgestelde toekenning van R14,05 miljoen en ’n betaling ingevolge Standard Bank se prestasiebeloningsplan van R14 miljoen.

Standard Bank sê in sy vergoedingsverslag hy het ander plaaslike en internasionale banke se vergoedingsverslae in ag geneem toe hy pakkette vir sy topbestuur vasgestel het.

Die bank het die vergoedingsverslag Donderdag as deel van sy jaarverslag gepubliseer.

Tsabalala is nie die enigste van Standard Bank se direkteure wat ’n groot salaris in 2018 verdien het nie.

Die res van die direksie se totale pakkette vir 2018 is as volg:

  • Ben Kruger, uitvoerende direkteur: R34,856 miljoen.
  • Arno Daehnke, finansiële direkteur: R35,044 miljoen.
  • Kenny Fihla, uitvoerende hoof verantwoordelik vir korporatiewe en beleggingsbankdienste: R38,588 miljoen.
  • Zweli Manyathi, uitvoerende hoof verantwoordelik vir persoonlike en sakebankdienste: R37,134 miljoen; en
  • Margaret Nienaber, uitvoerende hoof vir welvaart: R31,382 miljoen.

Luidens die jaarverslae van die vyf groot banke in Suid-Afrika, is Tsabalala egter nié die bankbaas wat die grootste salaris verdien nie.

Gerrie Fourie van Capitec het R56,644 miljoen in 2018 verdien. Dit sluit ’n salaris van R10,625 miljoen in terwyl die res uit kontantbonusse en uitgestelde toekennings bestaan.

Die ander bankbase se totale vergoeding in 2018 is:

  • Jacques Celliers van FNB: R29,295 miljoen.
  • Mike Brown van Nedbank: R41,075 miljoen; en
  • Maria Ramos van Absa: R29,714 miljoen.
salarisse

Meer oor:  Standard Bank  |  Sim Tshabalala  |  Banke  |  Bankbedryf
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.