Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
‘Banke gaan nié geboelie word oor Guptas’
Jeff Radebe, minister in die presidensie.

Daar is niks onbehoorliks of buitengewoons daaraan dat die kabinet ministers opdrag gee om met banke te praat oor hul sake met ’n private maatskappy – in dié geval die Guptas se Oakbay Investments – nie.

Pravin Gordhan, minister van ­finansies, Mosebenzi Zwane, minister van minerale bronne, en Mildred Oliphant, minister van arbeid, het opdrag gekry om met die banke wat hul sake met Oakbay gestaak het, te praat.

Hulle is die einste drie aan wie die Guptas briewe geskryf het om te vra dat hulle ingryp.

Varun en Atul Gupta, asook pres. Jacob Zuma se seun Duduzane, het voorverlede week aangekondig het dat hulle uit Oakbay se direksie ­bedank.

Jeff Radebe, minister in die presidensie, het gisteroggend op ’n mediakonferensie oor die kabinetsvergadering van 13 April gesê daar is niks onbehoorliks aan die opdrag nie.

Dit is nie ’n ondersoek nie. Hulle gaan vergader om meer inligting te bekom.

“Dit is ’n normale taakspan, soos wat die regering van tyd tot tyd aanwys,” het Radebe gesê.

“Dit is nie ’n ondersoek nie. Hulle gaan vergader om meer inligting te bekom. Interaksie tussen die regering en die private sektor vind die hele tyd plaas.

“Daar is niks buitengewoons hieraan nie.”

Radebe kon egter nie ander voorbeelde noem van waar kabinetslede namens ’n private maatskappy by ’n ander maatskappy “inligting bekom” nie.

Sedert sy aanstelling as minister verlede jaar was daar tergende vrae oor Zwane se beweerde bande met die Guptas.

Die kabinetsverklaring lui: “Die kabinet slaan ag op die vier banke wat kennis gegee het dat hulle die rekeninge van ’n maatskappy gaan sluit. Die kabinet het waardering daarvoor dat die banke voorwaardes het, maar dié optrede kan voornemende beleggers wat sake in Suid-Afrika doen, afskrik.

Daar is groot seuns en dogters by die banke, hulle kan nie geboelie word nie.

“Die kabinet magtig die ministers van finansies, arbeid en minerale bronne om ’n konstruktiewe gesprek te open met die banke om ’n blywende oplossing vir dié kwessie te vind.”

Radebe kon nie meer lig werp op watter beleggers deur die banke se optrede afgeskrik kan word nie.

Gevra of dit nie daarop neerkom dat die regering banke boelie nie, het hy gesê: “Daar is groot seuns en dogters by die banke, hulle kan nie geboelie word nie.”

Banke se reaksie

Nainesh Desai, van FNB se risiko-afdeling, het gesê die bank is nog nie amptelik genader vir ’n vergadering met die onderskeie ministers nie.

’n Woordvoerder van Standard Bank het gesê die bank het geen kommentaar nie.

Nedbank het gesê hy kan nie besonderhede gee van sy verhoudings met enige van sy kliënte nie weens die bankier-kliënt-vertroulikheid.

’n Woordvoerder van Absa het ­gesê hulle is nie bewus van enige vergaderings nie.

Meer oor:  Nedbank  |  Fnb  |  Absa  |  Oakbay Resources  |  Standard Bank  |  Oakbay Investments  |  Oakbay  |  Guptas  |  Duduzane Zuma  |  Banke
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.