Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Banke gelooi weens staat se geldprobleme

Die staat se swak finansiële posisie tel teen Suid-Afrikaanse banke.

A new corporate logo sits on the branded hi-vis ja
Absa se nuwe logo wat in 2018 bekend gestel is. Foto: Getty Images

Fitch Ratings het Vrydagmiddag die vooruitsig vir die langtermynkredietgradering van al vyf die Suid-Afrikaanse banke wat hy gradeer, na negatief verander.

Die sluit in Absa, FirstRand (moedermaatskappy van FNB), Investec, Nedbank en Standard Bank. Fitch gradeer nie vir Capitec nie.

Die graderings self is onveranderd gelaat op BB+, een vlak onder beleggingsgraad.

Fitch het ook die vooruitsig van die beheermaatskappye van Absa, Investec, Nedbank en Standard Bank na negatief verander.

Die stap kom nadat die vooruitsig vir die land se gradering verlede week tot negatief verswak is. Suid-Afrika word ook op BB+ gegradeer.

Fitch sê banke kan nie beter gegradeer word as die regering nie, “gegewe die konsentrasie van hul bedrywighede binne Suid-Afrika, insluitend beduidende blootstelling aan staatseffekte en lenings aan die openbare sektor”.

Dit beteken as Suid-Afrika dieper in rommelstatus afgegradeer word, sal die banke ook volg.

Die banke se nasionale graderings is onveranderd gelaat, met ’n stabiele vooruitsig. Dié gradering weerspieël hoe hul kredietwaardigheid vergelyk met dié van ander maatskappye in die land buite die banksektor.

Fitch sê dit is omdat hul kredietwaardigheid relatief tot die staat nie sommer sal verander nie.

Benewens die blootstelling wat banke aan die staat het, is Fitch bekommerd oor die plaaslike ekonomie.

Alle bankaandele het Vrydag laer gesluit, met die uitsondering van Absa. Dit was egter nie noodwendig net weens die Fitch-aankondiging nie; die JSE se indeks van alle aandele het 1,84% laer gesluit.

Standard het die skerpste gedaal, met 2,22% tot R174,71, gevolg deur Capitec (-2,17% tot R1 147,18), Investec (-1,65% tot R80,27), Nedbank (-1,32% tot R235,62) en FirstRand (-1,12% tot R61,04).

Absa het 0,45% hoër op R760,01 gesluit.

Meer oor:  Investec  |  Nedbank  |  Fnb  |  Absa  |  Standard Bank  |  Firstrand  |  Fitch Ratings  |  Kredietgradering  |  Bankbedryf  |  Banke  |  Rommelstatus  |  Kredietgradeerders
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.