Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Banke kan Sassa-toelae 'veel goedkoper' betaal
Cas Coovadia, besturende direkteur van die Bankvereniging van Suid-Afrika.

Banke kan ’n veel groter rol speel om maatskaplike toelae namens die regering uit te betaal, meen Cas Coovadia, besturende direkteur van die Bankvereniging van Suid-Afrika.

Coovadia het die Kaapse Persklub Maandagoggend in Kaapstad toegespreek en gesê hulle het al herhaalde kere vir die regering en die Suid-Afrikaanse agentskap vir maatskaplike sekerheid (Sassa) gesê “julle beskou dit as ’n krisis, ons beskou dit as ’n geleentheid om baie meer mense te help om bankrekeninge te kry en deel te word van die formele bankstelsel”.

Coovadia sê die bankvereniging steun die doelwitte van die Nasionale Kredietwet. Banke gee 76,3% van alle nuwe krediet in die mark. Hy gee toe die skuldprobleem is ’n maatskaplike en ekonomiese uitdaging met verreikende gevolge.

Oor ongesekureerde lenings sê Coovadia die banke steun vrywillige toegewings oor rentekoerse.

Daar is groot vordering gemaak met selfregulerende stappe deur die banke om verbruikers te help om nie oorbelaai te word met skuld nie, maar weens besware is die proses vertraag.

Coovadia sê die nasionale kredietreguleerder steun die vrywillige program. Teen verlede jaar is R3,976 miljard se lenings hierdeur geraak.

Die bankvereniging steun nie skuldterugbetalingsreëls wat deur wetgewing afgedwing word nie. Coovadia sê die banke meen dit stuur die verkeerde boodskap aan verbruikers. Hy waarsku stygende kredietkoste kan daartoe lei dat lae-inkomsteverbruikers mettertyd uit die finansiële stelsel uitgesluit word. Hy meen die bestaande maatreëls moet net reg toegepas word.

Oor die maatskaplike toelae is die bankvereniging vasbeslote dat bestaande bankinfrastruktuur benut kan word om dié toelae uit te betaal, teen veel goedkoper as wat die kontrakteur CPS dit kan doen.

Baie van die 6,7 miljoen toelaagontvangers met Sassa-kaarte het reeds bankrekeninge. Sassa behoort te help om dié bankrekenings te identifiseer. Om die oorblywende meer as 10 miljoen toelaagontvangers aan die banke te verbind is “eenvoudig en kan môre gedoen word”.

Coovadia hoop met die nuwe leierskap in die regering kan die gesprekke met Sassa nou beter vorder. Hy het beklemtoon die banke wil nie geld maak uit die proses nie.

Oor grondhervorming sê Coovadia meer as 90% van grondhervormingsprojekte misluk. Daar is nie vordering om titelaktes aan begunstigdes te gee nie, en gevolglik kan hulle nie lenings uitneem nie. Onteiening sonder vergoeding ondergrawe egter eiendomsregte, en die grond kan dan nie as sekuriteit vir lenings dien nie.

Dit ontmoedig belegging in innovasie en landboutegnologie wat produktiwiteit kan aandryf. Die risiko is dat internasionale landboubeleggers hulle onttrek, en Suid-Afrika dan die risiko loop om die voordele van projekte soos die Amerikaanse wet oor groei en geleenthede in Afrika (Agoa) te verloor.

Hy sê die bankvereniging en die landbousakeliggaam Agbiz werk saam om die regering te help met finansieringsmodelle vir grondhervorming.

Meer oor:  Cas Coovadia  |  Maatskaplike Toelae  |  Sassa  |  Banke
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.