Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Banke stel die meeste tevrede uit dié 9 sektore
bankbedryf

Suid-Afrika se banke het die meeste tevrede kliënte opgelewer uit ’n totaal van nege ekonomiese sektore, blyk uit die jongste verbruikerstevredenheidsindeks (SAcsi).

Die indeks word saamgestel na aanleiding van ’n peiling onder sowat 35 000 mense om vas te stel wat hul tevredenheid is met nege ekonomiese sektore. Die bankwese het ’n indekspunt van 78,8 behaal, met Capitec as die gunsteling, terwyl Absa die minste tevrede kliënte het.

Munisipaliteite lê heel onder aan die SAcsi-ranglys, met die laagste punt van kliëntetevredenheid op 54. Hier het Kaapstad die botoon gevoer, met Mangaung heel onder.

Die indeks meet ook tevredenheid in lewensversekering en korttermynversekering, lugrederye, selfoondiensverskaffing, supermarkte, klerewinkels en mediese fondse.

In die supermarkbedryf het Woolworths wel die beste gevaar onder kliënte, maar met net ’n klein marge. Sy grootste teenstanders is Spar en Checkers.

PEP Stores het die meeste gelukkige klerekopers.

In swaar ekonomiese tye is verbruikers meer geneig om lojaal te wees aan winkels wat laer pryse bied, hoewel dié soort lojaliteit nie permanent is nie, sê SAcsi.

Meer oor:  Banke  |  Bankdienste  |  Bankbedryf
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.