Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Banke verwag reusedaling in verdienste

Absa verwag dat sy wesensverdienste per aandeel met meer as 90% gaan daal in die halfjaar tot einde Junie en First Rand is nie ver agter nie.

Die hoofkantoor van drie van die vier grootste banke in die land in Kaapstad. Foto: Reuters

In verklarings wat albei die banke Woensdag op die JSE se nuusdiens, Sens, uitgereik het, sê hulle hul verdienste word erg geraak deur slegte skuld en die staat van inperking.

Absa sê slegte skuld het met 250% toegeneem in die ses maande tot einde Junie vergeleke met die ooreenstemmende ses maande verlede jaar.

In die ses maande tot einde Junie 2019 het slegte skuld net 0,79% van sy portefeulje behels teenoor 2,77% in die afgelope ses maande.

First Rand sê ook dat slegte skuld die hoofdrywer van die agteruitgang in sy verdienste is in sy voljaar tot einde Junie.

Die swak ekonomie en staat van inperking het net ’n te groot invloed gehad op mense se vermoë om skuld terug te betaal en die algehele vraag na bankdienste en produkte beduidend negatief geraak.

Absa verwag dat sy wesensverdienste per aandeel in die halfjaar met tussen 92% en 97% gaan daal teenoor verlede jaar. Dit was in die ses maande tot einde Junie 2019 op R9,18.

First Rand verwag dat sy wesensverdienste per aandeel met tussen 35% en 45% gaan daal vir die voljaar tot einde Junie.

Aan die einde van sy boekjaar in 2019 was sy wesensverdienste per aandeel R4,97. Dit sal na verwagting nou iewers tussen R2,73 en R3,23 wees wanneer die finale resultate vir die 2019-’20-boekjaar op 10 September uitgereik word.

Absa reik sy halfjaarresultate op 24 Augustus uit.

Meer oor:  Absa  |  Firstrand  |  Covid-19  |  Banke  |  Staat Van Inperking  |  Verdienste
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.