Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Banktakke nog lank met ons, meen Nedbank
Nedbank belê sowat R2 miljard per jaar in tegnologie soos sy bank-app.

Digitaal mag dalk die gonswoord wees wanneer daar deesdae na bankdienste verwys word. Dit beteken egter nog lank nie banke gaan gou al hul takke se deure sluit nie.

In Suid-Afrika het net sowat helfte van die bevolking toegang tot die internet. Totdat dié probleem oorkom word sal banke geen keuse hê nie as om steeds tradisionele takke en dienste te bedryf nie.

Dit is die mening van kenners by Nedbank. Anton de Wet van Nedbank se kleinhandel- en sakebankdienste, en Henk Pretorius, medestigter en uitvoerende hoof van die marknavorser Columinate, het Woensdag tendense in digitale bankwese in ’n aanlyn seminaar met die media bespreek.

De Wet sê waar digitale bankdienste, en spesifiek internetbankdienste, tot dusver hoofsaaklik aanvullend was tot die bestaande dienste wat banke lewer, is die verwagting dat alle bankdienste al hoe meer in een enkele aanlyn diens gekonsolideer gaan word.

“Die twee groot probleme is natuurlik dat daar steeds ’n groot deel van die bevolking is wat óf nie toegang tot die internet het nie, óf nie die data kan bekostig om apps te installeer of te gebruik nie,” sê hy.

Hy sê die een manier hoe Nedbank die tweede probleem oorkom is deur gratis WiFi in sy takke aan te bied waar mense sy bank-app kan aflaai.

Nedbank sê die feit dat dit waarskynlik nog jare gaan duur voordat alle Suid-Afrikaners toegang tot die internet het, beteken dit banke sal geen keuse hê as om vir “die afsienbare toekoms” nog tradisionele bankdienste (in takke) aan hul kliënte te bied nie.

LEES OOK: Vir dié kliënte is Standard Bank nou 'n dagreis ver

Groei in gebruikers

Die grootste groei wat betref kliënte wat Nedbank se bank-app aflaai, is kliënte tussen 26 en 50 jaar oud.

Hy sê kliënte wil ’n app hê wat maklik is om te gebruik, maar wat wel gesofistikeerde dienste op ’n veilige platform bied.

Pretorius sê banke het die verdere uitdaging dat gebruikers nie ’n bank se app met dié van ander banke vergelyk nie, maar eerder met apps oor die algemeen.

“Die verbruiker wil dus dieselfde gemak ervaar wanneer hy sy bank se app gebruik as wanneer hy byvoorbeeld dienste soos Uber en/of AirBnB gebruik.

“Daar is dus baie druk oor hoe die app lyk en presteer,” sê hy.

De Wet sê Nedbank bestee tans sowat R2 miljard per jaar aan digitale dienste en ander tegnologie by die bank.

Meer oor:  Nedbank  |  Banke  |  Bankdienste  |  Bankbedryf
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.