Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Baroda betaal sy boete ná 5 jaar

Die Reserwebank se Omsigtigheidsowerheid het die Bank of Baroda met R400 000 beboet omdat hy nie aan sekere voorskrifte van die Wet op die Finansiële Inligtingsentrum (Fica) voldoen het nie. Die bank het nou eers, ná vyf jaar, die boete betaal.

’n Tak van Bank of Baroda in Indië.Foto: Getty Images

Die Bank of Baroda se Suid-Afrikaanse tak is met dié sogenaamde administratiewe sanksie gestraf weens nie-voldoening aan die Fica-wetgewing wat al in 2014 ontdek is.

Die Bank of Baroda is in omstredenheid gedompel omdat hy in ’n stadium die enigste bank in Suid-Afrika was wat nog bereid was om bankdienste aan die Gupta-familie te lewer wat met staatskaping in Suid-Afrika verbind word.

Destyds in 2014 het die banktoesigafdeling van die Reserwebank - die voorloper van die Omsigtigheidsowerheid - ’n inspeksie by die Bank of Baroda gedoen en gevind hy voldoen nie volledig aan Fica nie, en daar is ook swakhede in sy beheermaatreëls om geldwassery en die finansiering van terrorisme te bekamp. Die Reserwebank het toe reeds vir die bank gevra om die swakhede reg te stel, maar teen 2016 toe weer inspeksie gehou is, was daar steeds swak beheerfoute en op die ou einde is die Bank of Baroda met R11 miljoen beboet.

Hy het teen die boete geappelleer en uiteindelik is die boete tot net R400 000 verminder.

Selfs dié lae boete het die Bank of Baroda in die hooggeregshof in Pretoria beveg, maar die hof het die Fica-appèlraad se besluit gehandhaaf en die Bank of Baroda moes die R400 000 betaal.

Die Bank of Baroda is ’n internasionale Indiese bank met bedrywighede en takke in 21 lande, insluitende Suid-Afrika, Kenia, Botswana, Uganda, Tanzanië, Mauritius, Brittanje, Amerika, China, Singapoer, Fidji en Australië.

Meer oor:  Bank Of Baroda  |  Omsigtigheidsowerheid  |  Fica  |  Guptas  |  Reserwebank
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.