Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Base verlaat SA maatskappye op ’n streep
Vuyani Jarana het vandeesweek as uitvoerende hoof van die SAL bedank.

Dit word as ’n leierskapskrisis beskryf, die eksodus van uitvoerende hoofde van sukkelende staatsondernemings en ander groot maatskappye in Suid-Afrika te midde van ’n afswaai in die ekonomie.

In baie gevalle is daar klaarblyklik min wat in die ry staan om die poste wat leeg gelaat is, te vul.

Sedert Oktober verlede jaar het minstens sewe uitvoerende hoofde van die land se staatsondernemings vertrek en nie een is reeds permanent vervang nie.

Lees ook Netwerk24 se opsomming van gebeure by Eskom en die SAL hier.

Hier is ’n lys van die base wat weg is:

  • Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) – Vuyani Jarana: Die voormalige uitvoerende hoof van Vodacom se bedanking verlede week was ’n verrassing omdat hy wyd beskou is as iemand wat die vermoë het om die sukkelende lugdiens tot sy teiken van 2021 te bestuur om dan gelyk te breek. Jarana het ’n gebrek aan finansiële ondersteuning van die regering genoem as een van die redes hoekom dit vir hom onmoontlik is om die lugdiens suksesvol om te keer.
  • Eskom – Phakamani Hadebe: Hadebe is die tiende uitvoerende hoof in hoeveel jaar wat die sukkelende kragmaatskappy verlaat. Hy het ná “ondenkbare druk” verwys in wat waarskynlik die moeilikste pos in die sakebedryf is. Daar is min voor die hand liggende kandidate om hom te vervang.
  • Old Mutual – Peter Moyo: Die finansiëledienstegroep het Moyo twee weke gelede geskors weens ’n belangebotsing tussen hom en sy beleggingsgroep, NMT Capital, ten spyte daarvan dat Old Mutual bewus was van dié bande toe hy aangestel is. Moyo hou vol hy het niks verkeerd gedoen nie.
  • Massmart – Guy Hayward: Dié winkelgroep, waarin die Amerikaanse kleinhandelreus Walmart die grootste belang hou, het onlangs aangekondig Hayward verlaat die groep voor die einde van die jaar te midde van swak handelstoestande. Walmart het aangekondig een van sy topbestuurslede, Mitchell Slape, gaan die leisels oorneem, maar hy moet eers ’n werkpermit kry.
  • Absa-groep – Maria Ramos: Absa het in Januarie aangekondig Ramos tree af. Haar plaasvervanger word na verwagting in Augustus aangekondig. Blykbaar word Daniel Mminele van die Reserwebank oorweeg.
  • Openbare Beleggingskorporasie (OBK) – Daniel Matjila: Hy het in November bedank te midde van kritiek oor die beleggings wat onder sy toesig met die OBK se geld gedoen is. Die OBK het sedertdien net waarnemende uitvoerende hoofde gehad. Die hele direksie het boonop ook in Februarie bedank.
  • Transnet – Siyabonga Gama: Transnet het Gama in Oktober verlede jaar afgedank ná sy beweerde betrokkenheid by korrupsie met die aankoop van nuwe treine. Transnet het sedertdien al sy tweede tussentydse hoof en na verwagting gaan ’n nuwe permanente hoof nie binne die volgende vier of vyf maande aangestel word nie, het Gert de Beer, hoof van infrastruktuurontwikkeling, Woensdag gesê. – Bloomberg
Meer oor:  Absa  |  Sal  |  Suid-Afrikaanse Lugdiens  |  Eskom  |  Maatskappye  |  Staatsinstellings  |  Uitvoerende Hoof
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.