Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
‘Base wat knoei, moet terugbetaal’

Dis dalk tyd om terugvordering van betaling en malus (’n soort straf) in uitvoerende direkteurs se vergoedingspakkette in te bou om die risiko van korporatiewe fiasko’s te help verlaag.

Gerald Seegers, direkteur van mensehulpbrondienste van PwC Suid-Afrika.

Dít is ’n besprekingspunt in PwC se jongste verslag oor vergoeding aan uitvoerende direkteure en volg in die lig van maatskappye wat die laaste ruk diep in die moeilikheid beland, en waardeur aandeelhouers erge skade gely het.

PwC wou geen maatskappy by name noem tydens die bekendstelling van die verslag Donderdag nie, maar dit sou die beleërde Steinhoff kon geld. Steinhoff het sedert Desember meer as 90% van sy markwaarde verloor oor ’n beweerde gekonkel met boekhouding.

Dit het vrae laat ontstaan of maatskappye inderwaarheid “vir mislukkings betaal”.

Die fokus in die vergoedingskomitees blyk nou te skuif na die rol van uitvoerende vergoeding om die maatskappy se risikoblootstelling te verhoog, het Gerald Seegers, PwC Afrika se hoof van mense en organisasies, gesê.

Die beginsel van terugvordering skep ’n verpligting dat uitvoerende bestuur geld aan die maatskappy terugbetaal wat hulle eintlik nie moes kry nie.

Lees ook: R25 miljoen per jaar as jy hiér die baas is

Malus-bepalings word gebruik as ’n soort vooruitgeskatte risiko-aanpassing vir vergoeding wat uitvoerende direkteurs in die toekoms moet ontvang.

Dit kan dan verminder word op grond van sekere misstappe. Dit geld gewoonlik hul korttermyn- en langtermyn-aansporings, sê PwC.

Anelisa Keke, wat die verslag opgestel het, sê in Suid-Afrika is veral terugvordering kompleks vanweë arbeidswetgewing en belastingimplikasies.

Die twee bepalings kan van krag word in dié gevalle:

  • Wanvoorstelling (per abuis of opsetlik) van finansiële state;
  • Wangedrag, bedrog of oneerlikheid, of wesentlike skending van die uitvoerende direkteur se verpligtinge teenoor die maatskappy; en
  • Skade/mislukking waar ’n groep of sake-eenheid skade ly weens gebrekkige risikobestuur.

Martin Hopkins, ’n vennoot in PwC, sê hulle wil ook ’n nuwe vorm van meting teenoor die norm sien. Dit behels die vasstelling van ’n betalingsband deur data van ’n geskikte groep te gebruik vir vergelyking.

Lees ook: Vroue-base trek steeds aan kortste ent

Daarna moet die uitvoerende bestuur se betalingsbeweging deur die band bepaal word en behoort dit verband te hou met sy werkprestasie gedurende sy termyn.

Luidens die verslag beloop
die gemiddelde jaarlikse vergoeding aan uitvoerende hoofde van die toptien-maatskappye op die JSE R24,9 miljoen. Vir finansiële hoofde is die gemiddelde R15,1 miljoen en vir ’n uitvoerende direkteur R8,7 miljoen.

Meer oor:  Steinhoff  |  Mckinsey  |  Kpmg  |  Pwc  |  Bedrog  |  Uitvoerende Hoofde  |  Maatskappye  |  Salarisse
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.