Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
BAT wil 2 300 werkers aflê

Die sigaretvervaardiger British American Tobacco (BAT) gaan wêreldwyd sy arbeidsmag met sowat 2 300 poste besnoei.

Die maatskappy, wat ’n sekondêre notering op die JSE het, sê Donderdag in ’n verklaring op Sens dat dié stap deel vorm van ’n grootskaalse herstruktureringsproses.

“Dit sal verseker dat die onderneming beter geplaas is

om aan die immer veranderende behoeftes van die verbruiker te voldoen.”

Die maatskappy sê besparings wat weens die herstrukturering teweeg gebring gaan word, sal dan in nuwe kategorieë, soos e-sigarette, belê word.

Luidens die verklaring gaan sowat 20% van die senior bestuurders in die maatskappy se poste in gedrang kom.

Dit is omdat die maatskappy bestuursvlakke wil verminder, groter en minder sake-eenhede skep en interne prosesse wil vereenvoudig.

Die herstrukturering sal na verwagting teen Januarie 2020 afgehandel wees.

’n Konsultasieproses is reeds van stapel gestuur.

Jack Bowles, wat vyf maande gelede as uitvoerende hoof van BAT begin werk het, sê hy wil met die herstrukturering verseker dat die maatskappy gereed is vir die toekoms.

“My doel is om ’n verandering te sien wat betref groei in nuwe kategorieë en om ons huidige prosesse te vereenvoudig.”

Meer oor:  British American Tobacco  |  Bat  |  Rook  |  Sigarette  |  Tabak  |  E-Sigarette
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.