Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Befondser gee ook ‘betaalvakansie’ aan handelaars
Daniel Moritz, finansiële hoof van Merchant Capital, Dov Girnun, die uitvoerende hoof, en Ryan Cohen, verhoudingsbestuurder. Foto: Verskaf

Merchant Capital, een van Suid-Afrika se voorste voorsieners van kapitaal aan veral kleinsakeondernemings in die tegnologiebedryf, bied ’n betaalvakansie aan al sy kliënte tydens die staat van inperking.

Dit volg op soortgelyke stappe deur al die vernaamste handelsbanke, waaronder Standard Bank en Absa.

Dov Girnun, uitvoerende hoof van Merchant Capital, sê alle kleinsakeondernemings wat deur die regering as nienoodsaaklik beskou word, sal by die nuwe reëling kan baat.

Hierdie ondernemings hoef tydens die inperking geen skuldpaaiemente by te bring nie.

Ondernemings wat as noodsaaklik beskou word, sal ook verligting ontvang in pas met hoeveel hul inkomste tydens die inperking verlaag het.

Merchant Capital sal noodsaaklike ondernemings ook van bykomende kapitaal voorsien sou hulle dit benodig om tydens die inperking bykomende voorraad aan te skaf.

Ondernemings wat sou verkies om steeds voort te gaan met betalings soos normaal, kan dit ook doen, sê Girnun.

Merchant Capital verwag dat die verslapte maatreëls vir die terugbetaling van skuld ’n “ongelooflike invloed” op die ondernemings sal hê.

Merchant Capital is maar sewe jaar oud.

“Ons glo wel sonder enige twyfel dat ons die regte ding doen. In hierdie ongekende tye is ons daarop gefokus om kleinsakeondernemings by te staan,” sê Girnun.

Meer oor:  Staat Van Inperking  |  Skuld  |  Betaalvakansie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.