Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Bekende firmas kan ná krisis verdwyn

Covid-19 se ekonomiese bloedspoor kan selfs groot en bekende handelsmerke óf onherkenbaar verander óf geheel en al laat verdwyn.

’n Privaat-ekwiteitsgroep het ’n reddingsboei uitgegooi na 100 Edgars-winkels wat daarsonder hul deure permanent sou moes sluit.

Die internasionale handelsmerkkonsultant Brand Finance raam Suid-Afrika se 50 top-handelsmerke kan tot R65 miljard minder werd wees – selfs nog lank voordat die virus homself uitgewoed het.

Die sektore wat tot dusver die grootste knou toegedien is, sluit in lugrederye, toerisme en ontspanning, restaurante en kleinhandel.

Wêreldwyd moes winkels van handelsmerke soos Gap, J.Crew en Victoria’s Secret hul deure sluit, terwyl internasionale afdelingswinkels soos Macy’s en JCPenney vir bankrotskapbeskerming aansoek gedoen het. In die VSA alleen word geraam dat tot 25 000 winkels hul deure sal sluit, berig CNBC.

In Suid-Afrika het Edcon die valbyl gedeeltelik vrygespring toe 100 Edgars-winkels deur ’n private groep gekoop is en 371 Jet-winkels deur TFG, berig Financial Mail. In die proses het 450 winkels en duisende poste behoue gebly.

Tydens die inperking het verbruikers terdeë besef watter handelsmerke noodsaaklik geword het en sonder watter hulle maar kan klaarkom. Dit is dus te verwagte dat die selfoonreuse MTN en Vodacom, wat onderskeidelik eerste en tweede op Brand Finance se ranglys van Suid-Afrika se waardevolste handelsmerke is, van krag tot krag sal gaan te midde van die Covid-19-krisis.

Jacques Erasmus van Idea Foundry meen die oorlewing van handelsmerke hang af van of hulle ’n “uitdager”-ingesteldheid het, hulself kan herskik om noodsaaklike goedere en dienste te lewer en vir die langer termyn kan beplan.

Meer oor:  Edcon  |  Brand Finance  |  Jet  |  Edgars  |  Firmas  |  Kleinhandelaars  |  Maatskappye  |  Kleinhandel  |  Klerekleinhandel  |  Handelsname
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.