Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Belasting dalk ontduik met betaling vir Gupta-troue

Die betaling vir die berugte Gupta-troue bly die kern van die tugverhoor van ’n voormalige KPMG-ouditeur wat die boeke gedoen het vir firmas wat aan die familie behoort.

Linkway Trading, wat aan die Guptas behoort, het na bewering meer as R30 miljoen vir die troue betaal.

Jacques Wessels, wat Linkway Trading geouditeer het, moet op ses klagte van onbehoorlike gedrag en belastingontduiking antwoord. Die Onafhanklike Regulatoriese Raad van Ouditeurs (Irba) het die klagte aanhangig gemaak.

Linkway Trading, wat aan die Guptas behoort, het na bewering geld wat vir die Vrede-suiwelprojek in die Vrystaat bestem was, gebruik om die troue van meer as R30 miljoen te betaal.

Die tugverhoor het getoon hoe geld tussen verskillende Gupta-ondernemings rondgeskuif is.

Irba het Sondag in sy slotbetoë probeer aantoon dat Wessels “grof nalatig” was en nie die nodige noulettendheid aan die dag gelê het toe hy die oudit gedoen het waarby die finansiering van die 2013-troue in Sun City betrokke was nie.

Dié bedrag het meer as 55% van Linkway se inkomste verteenwoordig. Dis in die maatskappy se rekening deur die Dubaise firma Accurate Investment inbetaal.

Volgens Wessels se betooghoofde het Linkway weens die troue ’n verlies van R6,9 miljoen gely.

Dit is as ’n “bedryfsuitgawe” aangegee in die finansiële state, maar dit is later verander in “koste van verkope”.

Dis die rede vir die klag van belastingontduiking teen Wessels.

Adv. Azhar Bham, namens Wessels, het aangevoer daar was geen bewustelike poging om die troue-uitgawes te verdoesel soos Irba aanvoer nie. Hy het toegegee dat Wessels mees skepties moes wees.

“Daar is geen getuienis hoegenaamd wat bewys dat daar gedrag was om met ’n kliënt saam te werk om uitgawes weg te steek ten einde ’n belastingvoordeel te kry nie,” het Bham gesê.

Irba het voor adv. Alan Dodson, voorsitter van die verhoor, aangevoer daar was ’n “beduidende risiko” in Linkway se inkomste wat Wessels nie behartig het nie.

Bham het egter gesê Wessels was bloot “naïef” en het nooit bedoel om oneerlik te wees nie.

Wessels het, volgens Irba, erken dat hy ouditregulasies oortree het en nie sy pligte met die nodige “professionele bevoegdheid, sorg en vaardigheid wat redelikerwys van ’n ouditeur verwag kan word”, nagekom het nie.

“Mnr. Wessels gee toe dat die transaksie met betrekking tot die organisering van die trouegeselligheid ongewoon was, en hy het nie die sakemotivering vir die transaksie, wat buite die normale verloop van bedrywighede geval het, ondersoek om te bepaal of daar dalk bedrieglike finansiële verslagdoening of wanaanwending van bates was nie,” sê Irba.

Linkway Trading was grootliks ’n konstruksiefirma, maar is gebruik om die troue te reël. Wessels het die troue bygewoon.

Hy het in September 2017 by KPMG bedank voordat die ouditfirma ’n tugverhoor teen hom kon instel.

KPMG het belastingdienste aan Linkway vir die boekjaar tot 28 Februarie 2014 verskaf.Fin24

Meer oor:  Kpmg  |  Irba  |  Guptas  |  Staatskaping
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.