Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Beleërde Comair wys sy reuse-verlies
Comair verwag ’n reuse-verlies vir die 12 maande tot einde Junie. Foto: Verskaf

Comair, wat plaaslik die lugdienste British Airways en Kulula bedryf, verwag dat sy verdienste per aandeel met meer as 100% sal daal.

In ’n verklaring op die JSE se nuusdiens, Sens, sê die lugdiens Dinsdag dat dit nou duidelik geword het dat sy verdienste per aandeel vir die 12 maande tot 30 Junie waarskynlik negatief gaan wees.

In 2019 was sy verdienste per aandeel nog R1,92 en sy wesensverdienste per aandeel R1,97.

Dié syfers sal nou negatief word soos die lugdiens verlam word deur onder meer die staat van inperking se reisverbod en ’n jaar van verliese wat hom tot in sakeredding gedwing het.

Comair het op 5 Mei gekies om in vrywillige sakeredding geplaas te word met die hoop dat hy tot die einde van die Covid-19-krisis kan oorleef.

Die verhandeling van sy aandele is ook al sedertdien gestaak.

Comair het ’n verlies van R564 miljoen vir die halfjaar tot einde Desember gely, wat hom gedwing het om reeds voor die Covid-19-pandemie met ’n art. 189-afleggingsproses te begin.

Comair het gesê die doel van sy sakereddingsproses is om die staat van inperking te oorleef en die lugdiens te herstruktureer in ’n “volhoubare onderneming wat sy rol in die lugdiensbedryf en die land se ekonomiese herstel kan speel”.

Maar ten spyte daarvan dat beperkte plaaslike vlugte vir sakedoeleindes nou op vlak 3 van die staat van inperking toegelaat word, is Comair nie seker of hy vlugte kan hervat nie.

Die 74 jaar oue onderneming mik tans steeds om eers in November weer te vlieg.

Meer oor:  Kulula.Com  |  British Airways  |  Comair  |  Sakeredding  |  Maatskappy  |  Lugdiens
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.