Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Besluit oor SAL tot Julie uitgestel
Krediteure gaan nou eers op 14 Julie oor die sakereddingsplan vir die Suid-Afrikaanse Lugdiens stem.Foto: Bloomberg

Krediteure sal nou eers op 14 Julie stem oor die reddingsplan vir die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL).

Krediteure het Donderdagmiddag met 69% teen 31% gestem ten gunste van ’n versoek van SA Airlink en ander partye om die stemming uit te stel.

SA Airlink het Woensdag nog in die hooggeregshof in Johannesburg met ’n dringende aansoek om ’n interdik probeer keer dat die vergadering enigsins plaasvind.

Regter Leicester Adams het dié aansoek egter met koste van die rol geskrap.

Adv. Mike van der Nest, SC, wat die staat verteenwoordig, het in dié aansoek gesê enige vertraging om die sakereddingsplan deurgevoer te kry, kan moontlik tot die likwidasie van die lugdiens lei.

SA Airlink vra juis in die tweede deel sy aansoek by die hof dat die SAL voorlopig gelikwideer word.

Die vakbonde wat Donderdag gevra het dat die stemmery tot 14 Julie uitgestel word, is Numsa, die Suid-Afrikaanse Kajuitpersoneelvereniging (Sacca) en die SAL-vlieëniersvereniging (Saapa). Hulle sê nog twee weke sal geen impak hê op die stand van sake by die lugdiens nie.

Hulle meen die uitstel sal die sakeredders tyd gee om die “tekortkominge” in die plan met belanghebbendes te bespreek en ’n hersiene plan te publiseer.

SA Airlink, wat die steun van nóg krediteure het, het Donderdag weer gesê dat die plan ter syde gestel en die SAL gelikwideer moet word.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.