Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Beste tjip in die land? Hokaai, hoor McCain

McCain mag nie meer sê sy skyfies is die land se nommer een nie, het die Advertensiebeheerraad (ARB) besluit.

Die ARB het bevind die feit dat die woorde “gevries” nie op die advertensie verskyn nie tesame met die prent van die groot, warm, gaar skyfie maak dit waarskynlik dat verbruikers sal dink McCain se skyfies is nommer een in SA (gevries én vars).Foto: Verskaf.

Dit kom nadat Steers by die ARB gaan kla het dat McCain, wat bevrore skyfies maak, dit laat lyk asof hulle van alle skyfies (bevries en vars) praat.

Steers het aangevoer hoewel McCain die grootste verkoper van bevrore skyfies in die land is, is dit Steers wat nou al 16 jaar lank koning kraai by die Leisure Options se toekenning vir beste skyfies. Volgens Steers is McCain se aansprake dus misleidend.

Die ARB het Steers gelyk gegee en McCain beveel om sy advertensiemateriaal te verwyder.

McCain maak die aanspraak op twee plekke, op ’n buitelug-reklamebord en op die hooffoto op sy Facebookblad. Albei vertoon ’n groot, gaar skyfie wat in die helfte gebreek is met stoom wat daaruit trek en die woorde “SA’s no. 1* chip” daarby. Piepklein onder die uitspraak staan “*Aztec market share data – sales volumes.”

McCain se verweer was dat hy met sy bevrore produk glad nie teen Steers meeding nie en dat kopers van kruideniersware op wie die advertensie gemik is, sal weet McCain se skyfies is ’n totaal ander produk as Steers s’n.

McCain se prokureur, Gerald Ramsden, sê die gaar pleks van bevrore skyfie in die advertensie is bloot vir kreatiewe doeleindes.

Die ARB sê egter omdat die woord “bevries” nie op die advertensie verskyn nie – tesame met die foto van die groot, warm, gaar skyfie – sal dit verbruikers waarskynlik laat dink McCain se skyfies is nommer een in Suid-Afrika (bevrore én vars). Boonop sal die verduideliking dat die aanspraak gegrond is op verkope van bevrore skyfies, nie leesbaar wees vir iemand wat by die buitelug-reklamebord verbyry nie.

Gail Schimmel, uitvoerende hoof van die ARB, sê die Facebook-advertensie sal waarskynlik gou verdwyn, maar nie die buitelug-bord nie.

Meer oor:  Steers  |  Advertensies  |  Reklame  |  Skyfies
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.