Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Beurs beboet oor laat finansiële state
Foto ter illustrasie. Foto: Getty Images

Die onderneming wat die 4AX-beurs (4Africa Exchange) bedryf, is deur die Reguleringsraad op Finansiële Dienste (FSCA) beboet omdat sy finansiële state laat ingedien is.

Die onderneming is ’n boete van R30 000 opgelê vir sy oortreding van art. 30 van die Wet op Finansiële Markte.

Dit is omdat 4AX nie verlede jaar sy geouditeerde finansiële state vir die boekjaar tot einde Februarie 2018 betyds ingedien het nie. Die resultate moes teen einde Julie 2018 ingedien wees. Volgens die FSCA is dit eers middel Julie vanjaar ingedien.

Sean Emery, uitvoerende hoof van 4AX, sê ’n aandeelhouertransaksie het die uitreiking van die state vertraag. Volgens hom is vanjaar se state betyds ingedien.

Die FSCA sê in sy verklaring verswarende omstandighede was dat die oortreding 12 maande lank geduur het. Versagtende omstandighede is dat die onderneming die oortreding erken het en met die FSCA saamgewerk het.

Ingevolge die wet moet ’n gereguleerde entiteit verseker dat sy rekeningkundige rekords en finansiële jaarstate geoudit word en dit binne die tydperk ingedien word wat deur die FSCA voorgeskryf is.

Meer oor:  4Africa Exchange  |  Aandele  |  Beurs  |  Boete
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.