Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Beurtkrag, burgers dorings in Famous Brands se vlees
’n Gourmet Burger Kitchen in Londen.

Beurtkrag in Suid-Afrika en die Britte wat nie meer van “ontwerpersburgers” hou nie, is die dorings in Famous Brands se vlees.

Dié maatskappy, wat Wimpy, Steers en Mugg & Bean in Suid-Afrika en Gourmet Burger Kitchen (GBK) in Brittanje besit, waarsku Maandagmiddag laat nadat markte gesluit het in ’n handelsverklaring dat hy verwag sy verdienste per aandeel vir die jaar tot einde Februarie 2019 “meer” as 20% laer gaan wees as ’n jaar tevore.

Hy gee geen spesifieke bedrag nie.

Sy basiese verdienste per aandeel het reeds in 2018 met 95% tot net 22c gedaal teenoor 2017.

Dit was ook hoofsaaklik weens die probleme wat hy met GBK ervaar het.

Famous Brands het GBK in 2016 vir R2,1 miljard gekoop.

Famous Brands het as deel van sy plan om dié groep te red, nou reeds 24 GBK-takke gesluit.

Dit volg nadat hy voorheen aangekondig het hy gaan 14 sluit.

Lees ook: Famous Brands sluit 14 takke van Britse GBK

Suid-Afrika

In Suid-Afrika blyk dit dit is nie net sukkelende verbruikers wat nie kitskos wil koop nie, maar ook beurtkrag wat deur Eskom toegepas is wat druk op die groep se restaurante geplaas het.

Famous Brands sê in die verklaring die kragonderbrekings het verbruikersvertroue laat daal, wat weer sy verkope benadeel het.

Die maatskappy maak na verwagting sy resultate op 29 Mei bekend.

Meer oor:  Famous Brands  |  Gourmet Burger Kitchen  |  Beurtkrag  |  Burgers  |  Kitskos
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.