Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Beurtkrag kos Netcare 200% méér

Die diesel vir die kragopwekkers van die Netcare-hospitaalgroep se hospitale het R4,8 miljoen gekos vir die ses maande tot einde Maart weens beurtkrag.

Dr. Otto Thaning (links) en dr. Willie Koen, albei hartchirurge, enkele jare gelede besig met ’n hartoorplanting in die Netcare Christiaan Barnard-hospitaal in Kaapstad. Kragopwekkers is by alle Netcare-hospitale geïnstalleer.

Dit is 200% meer as in die eerste helfte van 2018.

Die groep verwag as beurtkrag in fase een en fase twee voortduur, dit hom nog R5,5 miljoen vir die tweede helfte van sy boekjaar kan kos en die totale koste op R10,3 miljoen te staan kan bring.

Vergeleke daarmee het diesel hom in die vorige boekjaar R3,5 miljoen gekos. Dit is amper 200% meer.

Indien beurtkrag voortduur op hoër fases, soos onlangs ervaar is, gaan die koste van diesel in die tweede helfte tot R8,1 miljoen opskiet en kan dit vir die volle boekjaar R12,9 miljoen kos.

  • Die groep het 200 kragopwekkers by sy hospitale landwyd. “Alle Netcare-hospitale het kragopwekkers wat die vermoë het om die kritieke funksies in die hospitale aan die gang te hou,” sê die maatskappy in ’n verklaring.
  • Sowat 24 van die hospitale het ook ’n tweede kragopwekker vir bystand. Dit het ’n groot genoeg vermoë om te verseker dat daar geen impak op die hele hospitaal sal wees nie indien die kragnetwerk nasionaal afgeskakel word
  • Nog 8 hospitale het ’n tweede kragopwekker vir bystand wat groot genoeg is vir kritieke funksies.

“Teen die huidige elektrisiteitstariewe en dieselpryse, kos dit sowat 3,7 keer meer om krag op te wek as om krag van die nasionale kragnetwerk te kry,” sê die hospitaalgroep.

Water

  • Al sy hospitale is toegerus met genoeg water om vir minstens 24 uur te hou.
  • Sekere hospitale met meer komplekse dienste het genoeg water vir 48 uur.
  • Boorgate en waterfiltrasiestelsels is by 4 hospitale aangebring wat al voorheen watertekorte ondervind het.
  • Die Netcare Christiaan Barnard-hospitaal in Kaapstad het ’n ontsoutingsaanleg waarvandaan water aan al sy hospitale in die stad verskaf kan word.
Meer oor:  Netcare  |  Private Hospitale  |  Krag  |  Private Gesondheidsorg  |  Elektrisiteit  |  Beurtkrag  |  Water
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.