Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Bidvest Bank bevestig voorval met kliënte se inligting

’n Kliënt van Bidvest Bank het “dalk” toegang tot die persoonlike inligting van ander kliënte verkry, het ’n woordvoerder van die bank aan Netwerk24 gesê.

banksektor
Een van Bidvest Bank se takke. Foto: Wikipedia

Die bank beskryf dit as ’n geïsoleerde geval en sê sy ondersoek na die voorval is nou afgehandel.

Daarvolgens is hy “bewus van ’n geval waarin ’n kliënt dalk ongemagtigde toegang verkry het tot demografiese besonderhede van ’n beperkte getal ander kliënte”.

Volgens die woordvoerder is die bank se stelsels nie binnegedring of gekraak nie, en kon die kliënt weens ’n interne fout die inligting sien.

Die inligting sluit in ander kliënte se name, maar geen bank- of kredietkaartbesonderhede is blootgestel nie.

“Die fout is intussen reggestel.”

MyBroadband het Vrydag berig gebruikers se bankbesonderhede en selfs banksaldo’s is weens die fout aan die een kliënt beskikbaar gestel. Die Bidvest-woordvoerder het egter uitdruklik gesê die teenoorgestelde is waar.

Volgens MyBroadband het Bidvest reeds vroeg in September van die fout bewus geword.

Volgens die woordvoerder neem die bank die veiligheid van kliënte se inligting ernstig op en is die voorval deeglik ondersoek.

Dit blyk wel ’n geïsoleerde geval te wees met geen inbraak van Bidvest se stelsels wat plaasgevind het nie.

Dit is nie bekend of Bidvest die voorval by die relevante owerhede aangemeld het nie.

Bidvest Bank is ’n volfiliaal van die Bidvest Group.

Meer oor:  Banksektor  |  Persoonlike Inligting
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.