Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Bidvest groei, al is mark taai
Die Wes-Kaapse hoofkantoor van Bidvest Waltons in Woodstock, Kaapstad.

Die gediversifiseerde dienstegroep Bidvest het danksy sterk kostebesnoeiing en kapitaaldissipline daarin geslaag om ondanks taai handelstoestande sy wesensverdienste te laat styg.

Dit kom te midde van omset wat bykans onveranderd is op R77,2 miljard, maar hy het minder kontant uit bedrywighede gegenereer. Dit was R7,1 miljard teenoor die vorige boekjaar se R9,8 miljard.

Sy dienste-, vrag- en finansiëledienste-afdelings het hul handelswins gesamentlik met 6,4% laat groei, maar die wins van sy handels- en verspreidingsondernemings het effens gekrimp.

Bidvest se eiendomsafdeling het gebaat by ’n waarde-aanpassing van die Moembai Internasionale Lughawe. Bidvest het sy belang in die lughawe aan die begin van die boekjaar verkoop.

Bidvest het ook geskep uit goeie winsbydraes van die farmaseutiese groep Adcock Ingram en die lugdiensgroep Comair wat geslaag het met ’n eis teen die Suid-Afrikaanse Lugdiens. Bidvest het in die boekjaar sy belang in Adcock tot 50,1% verhoog en Adcock tel nou as ’n Bidvest-filiaal.

Bidvest sê hy bestuur sy skuldvlakke steeds konserwatief, en hy het dus genoeg ruimte om nuwe geleenthede vir verkrygings en oornames te oorweeg.

Bidvest-jaarsyfers:
  • Handelswins groei met 3,5% tot R6,7 miljard;
  • Wesensverdienste per aandeel styg met 9,8% tot R13,52;
  • Slotdividend van R3,18 is 5,6% hoër (dit bring die jaardividend op R6 per aandeel, wat 7,9% hoër is).

    Meer oor:  Bidvest  |  Waltons  |  Resultate  |  Maatskappye
    MyStem: Het jy meer op die hart?

    Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

    Ons kommentaarbeleid

    Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

    Stemme

    Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.