Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Bidvest kry nuwe hoof in 2021
Mpumi Madisa, aangewese uitvoerende hoof van Bidvest, en Lindsay Ralphs, huidige uitvoerende hoof.Foto: BIDVEST

Mpumi Madisa is Maandag as die gediversifiseerde nywerheidsgroep Bidvest se aangewese uitvoerende hoof aangestel.

Sy sal tot met die 2021-boekjaar nou saam met Lindsay Ralphs (63), huidige uitvoerende hoof, werk en dan by hom oorneem wanneer hy aftree, het Bidvest laat weet.

Madisa sal dan die eerste en enigste swart vrou aan die stuur van ’n JSE-genoteerde maatskappy wees, en steeds die enigste vrou aan die stuur van ’n top-40-maatskappy sedert Maria Ramos einde Februarie as hoof van Absa uitgetree het.

Madisa (39) het in 2003 by Bidvest begin werk en het oor die afgelope paar jaar verskeie strategiese leierskapsrolle op filiaal-, afdelings- en groepvlak beklee. Sy is sedert Desember 2013 ’n uitvoerende direkteur in die Bidvest-groep se direksie en is ook sedert November 2017 ’n nie-uitvoerende direkteur by Adcock Ingram, waarin Bidvest ’n 38%-belang het.

Volgens Bidvest is Madisa spesifiek oor die afgelope paar jaar gementor ter voorbereiding van haar rol as uitvoerende hoof, as deel van die groep se omvattende opvolgingsplan.

Sy het ’n meestersgraad in finansies en belegging, ’n BComm honneurs in ekonomie en ’n BSc in ekonomie en wiskunde. Sy was voorheen ’n hoofdirekteur in die Gautengse provinsiale regering.

Meer oor:  Bidvest  |  Uitvoerende Hoof  |  Maatskappye
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.