Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Bidvest raak van motorhuur-onderneming ontslae
Mpumi Madisa, wat in Oktober as uitvoerende hoof van Bidvest gaan oorneem.

Die gediversifiseerde nywerheidsgroep Bidvest kon te midde van uiters moeilike omstandighede steeds in die boekjaar tot einde Junie sy winsmarges verhoog.

Ondanks die Covid-19-inperkings kon Bidvest sy bedryfskoste met 6% sny en handelswins is met 3% tot R6,9 miljard verhoog, het Lindsay Ralphs, uittredende uitvoerende hoof, Maandag gesê.

Bidvest moes egter weens die impak van die inperking en as deel van sy herstrukturering mense aflê. Die groep het 20 000 werknemers in Brittanje en 100 000 in Suid-Afrika.

Bidvest gaan sy motorverhuringsondernemings verkoop. Die motorhuurbedryf is in ’n moeilike posisie weens die knou wat die inperkingsregulasies die toerismebedryf gee.

Bidvest verkoop ook BidAir Services weens die ineenstorting van die lugvaartbedryf.

Die maatskappy het ’n fonds van R400 miljoen gehad om werknemers te ondersteun wat nie tydens die inperking kon werk nie, het Ralphs gesê. Hy gaan in Oktober uittree wanneer Mpumi Madisa as uitvoerende hoof sal oorneem.

Bidvest het egter ook besluit om nie ’n slotdividend te verklaar nie. Sy dividend vir die jaar bly dus op R2,82 per aandeel, wat 53% minder as in die vorige boekjaar is.

Sy voertuighandelaars het ’n baie swak tydperk gehad. Tydens die inperking in April is net een enkele voertuig verkoop, het Ralphs gesê, terwyl verkope gewoonlik sowat 1 000 eenhede per maand is.

Hoewel die Covid-19-pandemie steeds voortduur, glo Ralphs die maatskappy is steeds veerkragtig genoeg om die krisis te oorleef. Baie van sy kleiner mededingers het nie oorleef nie, en noodwendig bied dit geleenthede vir groter maatskappye soos Bidvest om hul markaandeel in te kry, sê hy.

Ralphs wou nie presies sê hoeveel mense afgelê is nie, want die maatskappy is volgens hom voortdurend besig om te herstruktureer en in sommige gevalle brei hy uit en stel meer mense aan. In ’n onderneming soos Plumblink het hy byvoorbeeld uitgebrei en meer mense aangestel, terwyl bedrywe soos toerisme en bankwese deur die digitale revolusie ontwrig word.

Sowat 1 200 mense werk daar in die motorhuurafdeling, en hopelik kan die meeste van hulle deur die nuwe eienaar ingeneem word, het Ralphs Maandagoggend in ’n telekonferensie met die media gesê.

Oor sy belang in die lugdiensgroep Comair het Ralphs gesê dit is nog altyd beskou as ’n nie-kernbedrywigheid en hulle was altyd van plan om op die een of ander tyd daarvan ontslae te raak. Te midde van Comair wat in sakeredding is, sê hy die waarde van hul belang in die groep word tot nul afgeskryf.

Meer oor:  Bidvest  |  Bank
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.