Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Bierreus kry ná 15 jaar nuwe baas

Die bierreus Anheuser-Busch InBev, wat SAB in Suid-Afrika besit, het ’n opvolger vir sy uitvoerende hoof aangekondig.

Carlos Brito (links) saam Michel Doukeris.

Carlos Brito tree ná 15 jaar as uitvoerende hoof en 32 jaar by die groep uit.

Michel Doukeris, tans president van AB InBev se Noord-Amerikaanse markte, volg hom op 1 Julie op.

Brito word beskryf as die argitek agter AB InBev wat opgebou is tot die wêreld se grootste biergroep. Hy het die oorname van sy grootste mededinger, SABMiller, in 2016 ook gedryf.

Doukeris word beskryf as ’n goeie keuse om AB InBev se transformasie te versnel en die volgende hoofstuk van groei te lei.

Soos Brito is hy in Brasilië gebore. Hy werk al 25 jaar by AB InBev. Hy het deurgaans sterk resultate gelewer terwyl hy belangrike rolle in drie van die groep se grootste markte beklee het – Brasilië, China en Amerika.

Voor sy huidige pos was hy die maatskappy se internasionale hoof van verkope, president van Asië en die Stille Oseaan-gebied en president van die groep se bedrywighede in China.

“Hy het ’n bewese agtergrond met innovering, handelsname wat in verskeie kategorieë opgebou is, insig in verbruikers en in die uitbreiding van duurder handelsname in sowel opkomende as ontwikkelde markte,” sê Martin Barrington, voorsitter van AB InBev se direksie.

Meer oor:  Ab Inbev  |  Sab  |  Anheuser-Busch Inbev  |  Drankverkope  |  Inperkingsmaatreëls  |  Bierbedryf  |  Inperking  |  Drankbedryf  |  Covid-19  |  Drank  |  Bier  |  Koronavirus
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.