Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Steinhoff: Nog g’n teken van binnehandel gevind

Die Gedragsowerheid vir die Finansiëledienstesektor (FSCA) het nog geen binnehandel gevind in sowat R1,7 miljard se aandele wat in die week voor die skokaankondiging in Desember 2017 in Steinhoff verhandel het nie.

Dit was net voor dié skokaankondiging toe Steinhoff aangekondig het sy uitvoerende hoof Markus Jooste het met onmiddellike ingang bedank en hy kan nie meer sy jaarstate uitreik nie oor ongerymdhede met sy boeke.

Die FSCA het Donderdag gesê 30,7 miljoen aandele ter waarde van R1,7 miljard het handel gedryf in die week voor die ineenstorting van die maatskappy se aandeelprys.

Die een ondersoek wat oor drie rekeninge handel waarin meer as R418 miljoen verhandel het, is nou gesluit.

Volgens die FSCA se Brandon Topham, hoof van die ondersoekeenheid, beteken dit nou met 56 rekeninge wat ondersoek is vir binnehandel, kon geen oortreding gevind word nie.

“Ons het geen rede gevind om te glo dat enige van die aandele verhandel het in oortreding van die wet op finansiële markte nie.”

Verdere rekeninge waar R46 miljoen verhandel het, word nog ondersoek.

’n Aankondiging daaroor sal uitgereik word sodra die ondersoek voltooi is.

Meer oor:  Steinhoff  |  Fsca  |  Markus Jooste  |  Binnehandel
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.