Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Bloutrein se besprekings lyk goed

Die Bloutrein is tevrede met die aantal gaste wat in die eerste kwartaal van die jaar op die trein gery het.

Die luukse Bloutrein word besit deur Luxrail, ’n afdeling van Transnet. Foto: Verskaf

Volgens ’n verklaring van Transnet het plaaslike en internasionale toeriste sedert die begin van die jaar ritte op die luukse trein meegemaak.

Alle reise is einde verlede jaar opgeskort toe die koronavirus se tweede vlaag van infeksies in die land uitgebreek het, maar dis weer in Januarie hervat.

In die eerste kwartaal van die jaar het reisigers van Amerika, Brittanje, Duitsland, België en Switserland ritte meegemaak.

Die toename in oorsese gaste word toegeskryf aan onder meer lande wat goed vorder met hulle inentingsprogramme.

Plaaslike toeriste het ook saam gereis, volgens Nomasonto Ndlovu, die Transnet se bestuurder van toerisme, gasvryheid en erfenis-sake.

“Ons het oorweldigende ondersteuning van plaaslike reisigers gekry,” sê Ndlovu.

“Ons het die eerste kwartaal begin met ritte wat volgens die nuwe riglyne oor toelaatbare kapasiteit vol bespreek was. Soos dinge nou lyk, gaan die goeie momentum voortgesit word.”

Streng Covid-19-regulasies geld vir reisigers en werknemers op die trein. Een van die nuwer regulasies wat ingestel is, vereis dat alle gaste en werknemers eers ’n antigeen-toets vir Covid-19 doen voordat die trein vertrek.

’n Rit op dié luukse trein tussen Kaapstad en Pretoria kos tussen R28 915 en R35 990 per persoon wat deel.

Meer oor:  Transnet  |  Toerisme  |  Toerismebedryf  |  Spoorweë  |  Treine
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.