Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
BMW ‘het nie saamgespan oor diesel’
Die BMW-logo op ’n BMW 507, ’n afslaankapmotor wat van 1956-’59 vervaardig is. BMW sê hy voldoen aan alle wetlike vereistes met betrekking tot uitlaatgasse “en behaal ook goeie uitlaatprestasie onder werklike toestande”. Foto: Matthias Schrader, AP

BMW ontken bewerings dat hy, nes Volkswagen, met dieseluitlaatgasse gekonkel het en boonop met ander motorvervaardigers saamgespan het daaroor.

Die vervaardiger van luukse motors sê hy het wel gesprekke met mededingers gevoer, maar dit het gehandel oor die bevordering van uitlaattegnologie in Europa.

Die maatskappy het Sondag vanuit München in ’n verklaring gesê hy voldoen aan alle wetlike vereistes met betrekking tot uitlaatgasse “en behaal ook goeie uitlaatprestasie onder werklike toestande”.

Die verklaring is ’n reaksie op ’n berig in die weekblad Der Spiegel dat BMW, Daimler (vervaardiger van onder meer Mercedes-Benz) en Volkswagen (insluitend Audi en Porsche) dekades lank oor uitlaattegnologie saamgespan het. Owerhede in Duitsland en die Europese Unie is besig met ’n ondersoek na samespanning in die motorbedryf.

Volgens Arndt Ellinghorst, ’n Londense ontleder van Evercore ISI, sê dit sal baie moeilik wees om te bepaal hoeveel verbruikers méér opgedok het indien daar wel samespanning was.

“Daar is ook ’n groot grys gebied tussen wettige en onwettige samewerking.”

Der Spiegel sê volgens dokumente in sy besit het die samespanning in die 1990’s begin.

Die Bundeskartellamt, Duitsland se owerheid wat samespanning ondersoek, het verlede jaar as deel van ’n ondersoek na ’n moontlike staalkartel ’n klopjag by motorvervaardigers uitgevoer.

Die kantoor wou nie sê of uitlaatgastegnologie ook ondersoek word nie.

– Bloomberg

Meer oor:  Mercedes Benz  |  Volkswagen  |  Bmw  |  Uitlaatgasskandaal  |  Motorbedryf  |  Diesel
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.