Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
BMW, Tencent sit koppe bymekaar
’n Motor van BMW wat self kan bestuur word ten toon gestel in Beijing, China. Foto: Reuters

Die Duitse motorvervaardiger BMW en die Chinese tegnologiereus Tencent gaan kragte saamsnoer en ’n spesiale rekenaarsentrum oprig vir die ontwikkeling van motors wat self bestuur.

Die sentrum sal voor die einde van die jaar in bedryf wees, het die maatskappye Vrydag aangekondig.

Die sentrum sal fokus op die ontwikkeling van gevorderde rekenaartegnologie wat dit vir motors sal moontlik maak om sonder ’n bestuurder te ry.

Dit is nie bekend hoeveel Tencent of BMW in die projek belê nie.

Luidens bronne gaan die sentrum in die ooste van China naby die stad Tianjin gebou word.

LEES OOK: BMW kry nuwe baas ná 1ste verlies in 10 jaar

Jochen Goller, hoof van BMW in China, sê die belegging vorm deel van die motorvervaardiger se planne om selfbesturende motors te vervaardig.

BWM gaan veral staatmaak op Tencent se vermoë om groot hoeveelhede data te verwerk sodat die motorvervaardiger dit uiteindelik in die bou van sy outonome motors kan inspan.

BMW verwag om sy eerste semi-outonome motor in 2021 in China bekend te stel. Dié motor gaan ’n massiewe aantal berekeninge moet uitvoer om verkeerstoestande regstreeks te monitor. – Reuters, verkort

Meer oor:  Tencent  |  Bmw  |  Selfbesturende Motors  |  Tegnologie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.