Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Bo-Kaap kry Lego-stel as genoeg mense stem

As ’n Suid-Afrikaanse grafiese ontwerper net nog sowat 9 500 stemme kan werf, sal Lego ’n stel vervaardig waarmee aanhangers van dié blokkies Kaapstad se ikoniese Bo-Kaap kan bou.

Die Bo-Kaap gaan dalk binnekort verewig word as ’n Lego-stel.

Wayne Nestadt (36), eienaar van Thought Fox Creative, het op Lego se webwerf rondgekrap en gesien die publiek kan voorstelle maak vir Lego-stelle. “As jou idee meer as 10 000 stemme kry, word jou stelletjie gemaak,” sê Nestadt. Teen druktyd het dié voorstel 492 stemme gehad.

“Plekke soos New York, Londen en Parys het almal Lego-stelletjies wat jy kan koop en bou. Daar moes lankal een van ons land gewees het.

“Waar gaan jy ’n ander buurt kry wat so mooi kleurvol en divers is?”

Wayne Nestadt se digitale ontwerp. As 10 000 mense op Lego se webwerf vir die Bo-Kaap-stel stem, sal die speelgoedmaatskappy boustelle van dié woonbuurt vervaardig.

Nestadt het sy ontwerpe digitaal gedoen en ingedien. Teen 17 Oktober was daar ’n amptelike boodskap van Lego in die kommentare op sy plasing:

“Geluk met jou 100 ondersteuners! Jy het nog 365 dae verdien. Jy het dit verby jou eerste mylpaal gemaak en 100 ondersteuners binne die eerste 60 dae gekry. As beloning het jy nou nog ’n jaar om 1 000 ondersteuners te werf,” lui die boodskap.

Nestadt is in sy noppies. “Ek het nou altesame 411 dae om ’n duisend stemme te behaal, dan kry ek ’n verdere 182 dae om altesame 10 000 stemme te kry,” sê Nestadt.

Die Bo-Kaap, met sy kleurvolle historiese huisies en keisteenstrate, tel onder Kaapstad se oudste woonbuurte. Volgens die Suid-Afrikaanse Erfenishulpbronne-agentskap is die hoogste konsentrasie van Suid-Afrikaanse argitektuur wat van voor 1850 dateer in dié woonbuurt.

  • Mense wat vir die Bo-Kaap Lego-stel wil stem, moet na Ideas.Lego.com gaan. Tik “Bo Kaap” (sonder die koppelteken) in die soekblokkie.
As 10 000 mense op Lego se webwerf vir die Bo-Kaap-stel stem, sal die speelgoedmaatskappy boustelle van dié woonbuurt vervaardig.
Hy het ook vyf figuurtjies vir sy boustel ontwerp.
Wayne Nestadt (36) is ’n Suid-Afrikaanse grafiese ontwerper.
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.